Nuus 08:00
BULLETIN 20 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Geloofsinstituut hoop die nuwe regering sal beter energie- en klimaatbestuur bring
# TLU SA sê Suid-Afrikaners moet eerlik wees oor die gevolge van die ANC se beleidsomgewing
# En Julius Malema wil weet hoekom die eienaar van die geweer nie aangekla word nie
# Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut sê hy hoop die regering van nasionale eenheid sal beter energie- en klimaatbestuur in die land bring. Die instituut se woordvoerder, Francesca de Gasparis, sê hulle wil toeganklike en bekostigbare elektrisiteit hê waar die ligte elke dag brand en wat aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar is:
# TLU SA sê Suid-Afrikaners moet begin eerlik wees oor die gevolge van die ANC se beleidsomgewing. Die landbou-organisasie se uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê die land se vermoëns het die afgelope 30 jaar verswak. Van Zyl doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om kaderontplooiing te stop en korrupsie op alle vlakke uit te roei:
# EFF-leier, Julius Malema, het bevraagteken waarom die geregistreerde eienaar van die beweerde geweer wat tydens die EFF se vyfde herdenking gebruik is, nie aangekla is nie. Malema het in die Oos-Londense Streekhof getuig belanghebbendes van die Gesamentlike Operasionele Sentrum was teenwoordig by die geleentheid en het hom nie ná die voorval in hegtenis geneem nie, ondanks hul mandaat om gevare uit te skakel. Hy het sy eie onskuld herhaal en aangevoer daar was geen bedreiging tydens die geleentheid nie:
# Krieket: Kane Williamson het afstand gedoen van die kapteinskap van Nieu-Seeland se witbalspanne nadat hulle in die groepfase van die T20 Wêreldbeker uitgeskakel is. Williamson het ‘n sentrale kontrak vir die 2024-2025-seisoen van die hand gewys en die kapteinskap van die T20- en eendagspanne ook geweier. Hy sal egter steeds toetskrieket speel. Die besluit bied die 33-jarige ster-kolwer die geleentheid om aan die aanloklike oorsese kompetisies deel te neem.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-93-sent teen die dollar,19-rand-28-sent teen die euro en 22-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-146-dollar-21-sent. Die prys van goud is twee-duisend-336-dollar-22-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-7-sent per vat.
# En om mee af te sluit: Sowat 882 mense het die Engelse Kanaal Dinsdag oorgesteek wat vanjaar die meeste op een dag was. Die nuwe syfer is volgens die Britse Ministerie van Binnelandse Sake meer as die vorige 2024-rekord van 711. Die getal mense wat met klein bootjies in die land aankom, staan tans op ʼn geraamde 12-duisend-313, wat 18-persent hoër is as die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Ongeveer 81-duisend-670 mense het die reis onderneem sedert die regering in April 2022 planne om migrante na Rwanda te stuur, opgeskort het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….