Nuus 08:00
BULLETIN 18 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Al Jama-ah beskuldig die DA dat hy beheer oor die regering van nasionale eenheid neem
# Die ANC verwelkom die ondertekenaars van die regering van nasionale eenheid
# En Rod Stewart word uitgejou deur ‘n Duitse skare terwyl hy Oekraïne steun
# Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, sê die DA wil ten alle koste beheer neem oor die regering van nasionale eenheid. Hendricks sê die ondertekende Verklaring van Voorneme tussen die twee partye maak deure oop vir magsdeling tussen die voormalige onderdrukkers die gewese swart bevrydingsbeweging. Hy sê president Cyril Ramaphosa het gesê daar is geen ernstige samewerking met die DA nie, maar die Verklaring van Voorneme weerspreek dit:
# Die ANC het die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid aangekondig ná vanjaar se verkiesing. ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die ANC, DA, IFP, GOOD-party en Patriotic Alliance het die Verklaring van Voorneme om aan ʼn regering van nasionale eenheid deel te neem, amptelik onderteken. Bhengu-Motsiri sê dit verteenwoordig 273 setels, of 68-persent van die setels in die Nasionale Vergadering. Sy sê die ANC doen ʼn beroep op ander politieke partye wat besluit het om nie deel hiervan te wees nie, om hulle besluit te heroorweeg.
# RISE Mzansi sê met sy verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering en Gauteng se provinsiale wetgewer sal die stemme van jongmense gehoor word. Mabine Seabe van RISE Mzanzi sê die party sal gemeenskappe en jongmense vra wat hulle op die wetgewers se agendas wil hê. Hulle sal ook aan gemeenskappe en jongmense verslag doen oor wat op nasionale en provinsiale vlak in wetgewers gebeur:
# Sir Rod Stewart is blykbaar uitgejou toe foto’s van die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky by ʼn konsert in Duitsland vertoon is. Die 79-jarige sanger, wat hom teen die Russiese inval in Oekraïne uitgespreek het, het by die Quarterback Immobilien Arena in Leipzig opgetree. Voor hy sy 1991-treffer, Rhythm Of My Heart, gesing het wat hy in onlangse vertonings aan Kiëf gewy het, is die Oekraïnse vlag op ʼn skerm agter Sir Rod vertoon. Daarna is foto’s van Zelensky getoon wat harde gille en fluite uit die gehoor ontlok het. Die sanger het Rusland sedert 2022 gereeld veroordeel.
# Sokker: Die kaptein van Frankryk Kylian Mbappe sê hy sal nie sy land verteenwoordig by die Olimpiese Spele in Parys nie. Die 25-jarige speler het die aankondiging gedoen voor Frankryk se Euro-2024-aanvangswedstryd vandag teen Oostenryk. Hy het pas aangesluit by Real Madrid van Paris Saint-Germain af, en speel vir die Europese kampioene in die nuwe seisoen. Die mans Olimpiese sokkertoernooi begin op 24 Julie, en die eindstryd is op 9 Augustus. Die Spaanse seisoen begin ‘n week later, terwyl Madrid ook in die Uefa-Superbeker teen Atalanta speel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-26-sent teen die dollar, 19-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-541-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-324-dollar sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….