Nuus 08:00
BULLETIN 13 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemingsgees vra vir die hersiening van Suid-Afrika se Kabinet
# Die ANC herontplooi die eThekwini-burgemeester na die Nasionale Raad van Provinsies
# En krieket: Indië verseker sy plek in die Super 8 van die T20 Wêreldbeker
# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Ondernemingsgees vra vir minder Kabinetsministers en ‘n herstrukturering van die Presidensie om Suid-Afrika se regering te versterk. Die uitvoerende direkteur Ann Bernstein staan ‘n kleiner, meer doeltreffende Kabinet voor, met die fokus op sleutelprioriteite en integriteit. Bernstein sê daar is ‘n behoefte aan leiers met ondervinding en stel voor departemente moet saamsmelt om koördinering en aanspreeklikheid te verbeter. Sy vra ook die versterking van Operasie Vulindlela en die herinstelling van die eenheid vir beleidskoördinering en raadgewende dienste vir beter regeringsbestuur.
# Die ANC in KwaZulu-Natal het die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, herroep en hy gaan na die Nasionale Raad van Provinsies ontplooi word. Hy het in 2017 die burgemeester geword na Zandile Gumede afgedank en toe van bedrog en korrupsie aangekla is. Dit spruit voort uit ‘n afvaltender van 208-miljoen-rand. Die ANC sê met die begin van ‘n nuwe era na die nasionale verkiesing, het hy sleutelareas geïdentifiseer wat dringend aandag nodig het. Hy voeg by Kaunda het ‘n belangrike rol om in die Raad van Provinsies te speel.
# Eskom in Gauteng het die voortdurende vandalisme aan sy eiendom in Soweto ten sterkste veroordeel. ‘n Brand het gisteroggend by die Zola-substasie uitgebreek en wonings en sakeondernemings in die omgewing sonder krag gelaat. Eskom se provinsiale woordvoerder, Amanda Qithi, sê volgens voorlopige bevindings is die brand deur vandalisme veroorsaak en die transformator-olie is ook gesteel:
# Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê hulle evalueer Hamas se amptelike reaksie op die voorstel oor ʼn skietstilstand in drie fases en ʼn ooreenkoms oor die gyselaars. Die militante groep sê hy het ʼn verslag met sekere aanpassings by die bemiddelaars van Egipte en Katar ingedien en hulle hoofdoel is om die oorlog te beëindig. Blinken bevraagteken of Hamas in goeder trou voortgaan te midde van onderhandelings oor ʼn skietstilstand:
# Krieket: Indië het sy plek in die Super Agt-ronde van die T20-wêreldbeker verseker toe hy die mede-gasheer, Amerika, met sewe paaltjies in New York verslaan het. Arshdeep Singh het vier paaltjies vir net nege lopies platgetrek en Amerika in hulle 20 boulbeurte tot 110 vir agt beperk. Indië het daarna 44 vir drie behaal voor Suryakumar Yadav se onoorwonne vyftigtal en vierde-paaltjie-vennootskap van 67 saam Shivam Dube die oorwinning beklink het, met tien balle oor.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-39-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-372-dollar-65-sent. Die prys van goud is twee-duisend-314-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….