Nuus 08:00
BULLETIN 10 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party wil die eerste sitting van die Nasionale Vergadering keer
# Judges Matter sê die eerste parlementsitting sal voortgaan ondanks MK se boikot
# En Emmanuel Macron wil ’n kitsverkiesing uitroep nadat die verregses groot vordering maak met EU-stemme
# DIe MK Party sê hy gaan die Konstitusionele Hof nader om die byeenroeping van die eerste sitting van die Nasionale Vergadering te keer. Die party sê die sitting moet uitgetel word totdat sy griewe, wat berus op bewerings van verkiesingsbedrog en knoeiery met stemme, deeglik deur die howe ondersoek is. Die Parlement moet binnekort sy eerste sitting hou waar ‘n president, adjunk-president en die speaker van die Parlement verkies word. Die MK Party sê hy bly by sy standpunt dat ‘n nuwe verkiesing gehou moet word.
Die organisasie Judges Matter sê intussen dit is onwaarskynlik dat die MK-party se boikot van die Parlement die verkiesing van ‘n nuwe president en speaker sal raak. Slegs 134 lede van die Nasionale Vergadering word vereis om vir die aanstelling van ‘n president, speaker en adjunk-speaker te stem. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê indien al 58 parlementslede van die MK Party nie opdaag nie en al die ander partye se verteenwoordigers wel, sal die Nasionale Vergadering 342 lede hê, meer as genoeg om ‘n kworum te vorm.
# Die polisie en duikerseenhede soek steeds na vermiste mense ná verlede week se oorstromings in groot dele van Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap. Tien mense is in swaar storms en reën dood wat die talle gebiede in die metro getref en groot skade aangerig het. ‘n Polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, sê die gebiede wat die swaarste getref is, is Kwanobuhle, Kariega, Walmer, Blue Horizons Bay en Kamesh:
# Die Franse president, Emmanual Macron, het die Franse Nasionale Vergadering ontbind het en ‘n blitsverkiesing uitgeroep wat binne 30 dae gehou moet word. Dit volg na die ‘n peiling getoon het sy Renaissance-party gaan deur Marine Le Pen se verregse National Rally in die Europese parlementêre verkiesing verslaan word. Die verregse party is op koers om 32-persent van die stemme te kry, tweemaal soveel as die Renaissance-party. Macron sê Frankryk het ‘n volstrekte meerderheid nodig om daadwerklik en harmonieus op te tree.
# Motorsport: Max Verstappen van die Red Bull-span is weer terug op die oorwinningspad na hy ‘n aksiebelaaide Kanadese Grand Prix ingepalm het. Hy het reën, verskeie veiligheidsmotor-periodes en herhaalde wegspringe oorkom om stof in die oë van Lando Norris van McLaren en George Russel van Mercedes te skop. Dit is Verstappen se eerste sege in nege wedrenne die seisoen en hy het sy kampioenskapsvoorsprong teen Charles Leclerc tot 56 punte vergroot. Hy sê om so ‘n uitdagende wedren te wen is baie bevredigend:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-86-sent teen die dollar, 20-rand-51-sent teen die euro en 24-rand teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-690-dollar-89-sent. Die prys van goud is twee-duisend-295-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….