Nuus 08:00
BULLETIN 24 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die sekuriteitsgroep sê daar is planne om ’n veilige verkiesing te verseker
# Burgerlike samelewingsgroepe is vol vertroue daar sal ’n vry en regverdige verkiesing wees
# En krieket: die Proteas verloor hul openings-T20 teen die Wes-Indiese Eilande
# Die groepering vir Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekerheid sê hy is gereed om te help met enige uitdagings om ‘n verkiesing sonder voorvalle te verseker. Die regering het verlede week ‘n nasionale staking in die vragmotorbedryf afgeweer deur in te stem om uitstaande wetgewende en afdwingingsmaatreëls in te stel. Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, sê wetstoepassingsagentskappe bly op hoë gereedheid om enige wetteloosheid te voorkom en die staat se gesag sonder vrees of guns uit te voer.
Burgerlike samelewingsgroepe soos Defend Our Democracy, Corruption Watch, en die Ahmed Kathrada-stigting sê intussen hulle is vol vertroue dat die verkiesing vry en regverdig sal wees. Defend Our Democracy is een van 150 onafhanklike verkiesingswaarnemingsgroepe wat by die Verkiesingskommissie geakkrediteer is. Suid-Afrikaners gaan volgende week hul kruisies trek. Oudregter Johann Kriegler sê hy is trots op Suid-Afrika se demokrasie en samelewing:
# ActionSA in Johannesburg het die onafhanklike ondersoek na bewerings teen Pikitup-amptenare verwelkom. Hierdie beamptes word verdink van kaderontplooiing, nepotisme en dat hulle indiensnemingsprosesse misbruik het. ʼn ActionSA-woordvoerder, Nobuhle Mthembu, sê in plaas daarvan dat werkers se lot aangespreek is, het die gevoellose administrasie onder burgemeester Kabelo Gwamanda die pad van hofsake en beledigings gekies:
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê vrede is die sleutel vir Afrika se toekoms om die vasteland se stem en invloed by vredespogings te versterk. Hy het die VN se Veiligheidsraad ingelig oor die versterking van die rol van Afrika-state om wêreldwye sekuriteits- en ontwikkelingsuitdagings aan te pak. Guterres sê te veel inwoners van Afrika is vasgevang in konflikte of hulle lewens is in gevaar deur terrorisme en gewelddadige ekstremisme in hulle gemeenskappe:
# Krieket: Die Wes-Indiese Eilande het Suid-Afrika met 28 lopies verslaan in die eerste T20 by Sabina Park, Jamaika. Die tussentydse kaptein, Brandon King, het 79 van 45 balle gemoker en die gasheer het 175 vir agt op die telbord geplaas. Daarna het Reeza Hendricks ʼn loopbaan-beste 87 aangeteken, maar dit was nie genoeg nie en die Proteas was op 147 almal uit met een bal wat oorbly. Dis die grootste tellingverskil nóg waarmee die Windies in hierdie formaat met Suid-Afrika afgereken het. Die tweede T20 word môre gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-98-sent teen die euro en 23-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-819-dollar-20-sent. Die prys van goud is twee-duisend-329-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….