Nuus 08:00
BULLETIN 11 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die dodetal na die intuimeling van die gebou in George het tot 13 gestyg
# Die VN se Algemene Vergadering steun Palestina se aansoek vir lidmaatskap
# En, die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap waarsku oor moontlike ernstige sonstorms die naweek
# Die dodetal in die George-gebou-ineenstorting in die Wes-Kaap het tot 13 gestyg. Reddingsoperasies duur vandag vir die vyfde dag voort met nooddienste wat aktief soek na nog 40 vermiste mense. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Rowena van Wyk, sê nog ‘n liggaam is omtrent half-drie vanoggend opgespoor:
NUMSA het intussen sy meegevoel betoon aan families van werkers wat in die ineengestorte gebou in George dood is. NUMSA se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, beskuldig die gebou-eienaar van nalatigheid en beweer swak pilare het tot die tragedie gelei. Hlubi-Majola kritiseer die DA se standpunt oor arbeidswette en beskuldig die party dat hy ondernemings bo werkersregte stel. Sy waarsku ‘n DA-geleide regering kan werkersbeskerming in gevaar stel:
# Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het ‘n mosie van Palestina goedgekeur om ‘n volle lid van die VN te word. Volgens Aljazeera was gister se stemming deur die 193 lidlande van die vergadering verteenwoordigend van die wêreldwye steun vir Palestina om ‘n volle lid van die VN te word, na Amerika die mosie verlede maand in die VN se Veiligheidsraad ge-veto het. Die stap kom neer op die erkenning van ‘n Palestynse staat. Nege van die 193 lede van die Algemene Vergadering het teen die voorstel gestem terwyl 25 lande buite stemming gebly het.
# Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok-vroue, Louis Koen, het drie ervare spelers herroep vir sy opdrafspan wat in die laaste wedstryd môre in die Rugby Afrika Vrouebeker teen die gasvroue, Madagaskar, te staan kom. Afgesien daarvan dat die uitslag die Afrika-kampioene sal bepaal, sal dit ook deelname bevestig vir die Vroue Wêreldbeker volgende jaar in Engeland. Volgens Koen is die Bokke gereed om hulle titel te verdedig:
# En, die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap het ‘n ernstige ruimtevermaning uitgereik. Hy waarsku teen moontlike sleutelnetwerk-uitskakelings en moontlike kragbeheerprobleme met ‘n sonstorm wat die aarde gaan tref. SANSA se Ruimteweerstasie het drie koronale massa-uitwerpings vroeër die week aangemeld. Koronale uitwerpings is reuse ontploffings van plasma wat van tyd tot tyd van die son uitskiet. Dit kan gelaaide deeltjies, bekend as sonwind, na die aarde straal.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….