Nuus 08:00
BULLETIN 10 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Konstitusionele Hof sal vandag die Verkiesingskommissie se appèl oor Zuma aanhoor
# Die eiendomsontwikkelaar van die George-gebou beskryf die ramp as ’n ongelukkige voorval
# En tennis: Nadal dring deur ná ‘n taai eerste ronde by die Italiaanse Ope
# Die Konstitusionele Hof hoor vandag die Verkiesingskommissie se appèl aan oor bevestiging of oudpresident Jacob Zuma tot die Parlement verkies mag word. Dit volg nadat die Verkiesingshof die OVK se besluit verwerp het dat Zuma nie op die MK-party se nasionale lys mag wees nie weens sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof. Die OVK se adjunkhoof, Mawethu Mosery, sê indien Zuma in die verkiesing staan, verswak dit die grondslag van die grondwetlike orde en oppergesag van die reg:
# Die eiendomontwikkelingsgroep, Neo Victoria Developments, wat gekontrakteer is om die vyfverdieping-woonstelgebou wat in George ineengestort het te bou, het die ongeluk as skokkend en tragies beskryf. Sewe-en-dertig werkers is uit die puin gered, van wie agt gesterf het. Vier-en-veertig is nog vasgekeer. Die maatskappy sê niks wat gesê word kan dié tragiese ramp ongedaan maak nie. Hy sê hulle sal ten volle met die owerhede saamwerk om die oorsaak van die tragedie te bepaal.
Intussen sal die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, vandag die toneel in George besoek waar die gehou ineengestort het. Die soek-en-reddingsoperasie na die 44 vermiste mense gaan voort nadat die gehou Maandagmiddag ingetuimel het. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die minister sal gesondheids- en ander owerhede se vordering monitor om mediese nooddienste en forensiese dienste aan slagoffers te verskaf:
# Tennis: Die tienmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die tweede ronde van die Italiaanse Ope in Rome. Die Spanjaard was ʼn stel agter maar het teruggeveg en die Belg, Zizou Bergs, met 4-6, 6-3 en 6-4 geklop. Die 22-malige Grand Slam-kampioen ding mee in sy derde agtereenvolgende toervlak-toernooi nadat hy die grootste deel van verlede jaar weens beserings buite aksie was. Die Italiaanse loslootjie Fabio Fognini en Jack Draper van Brittanje het ook oorwinnings behaal. Nadal sê hy is nie tevrede met sy vertoning nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-49-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-884-dollar-80-sent. Die prys van goud is twee-duisend-350-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-31-sent per vat.
# En, laastens: Huldeblyke stroom in na die dood van die voormalige regter van die Konstitusionele Hof, Yvonne Mokgoro. Sy word geloof as ʼn kampvegter vir geregtigheid en menswaardigheid. Die 73-jarige oudregter is gister in die hospitaal dood. Sy het in Junie verlede jaar uit die openbare oog getree om ná ʼn motorongeluk te herstel. Mokgoro was lid van die eerste regbank in die Konstitusionele Hof en sy eerste swart vroulike regter. Die gewese Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê Mokgoro se dood is ʼn groot verlies vir die regsberoep en die mensdom.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….