Nuus 08:00
BULLETIN 9 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Menseregtekommissie monitor die nakoming van menseregte tydens die verkiesing
# Die sekretaris van die Parlement gee inligting oor die herbouprojek
# En Biden waarsku die VSA sal wapenversendings aan Israel staak as die aanval op Rafah plaasvind
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê hy hou die nakoming van menseregte dop terwyl die land gereed maak vir die algemene verkiesing op 29 Mei. Die kommissie se woordvoerder, Wisani Baloyi, sê hulle neem met kommer kennis van sekere opmerkings en optrede tydens verkiesingsveldtogte deur politieke partye, hul lede en lede van die publiek. Hy sê sommige partye en hul lede raak goed kwyt wat aan menseregteskending grens om hul verkiesingsveldtog te bevorder:
# Die Sekretaris van die Parlement, Xolile George, sal vandag die media inlig oor vordering met die Parlement se heropbouprojek, ná die verwoestende brand op 2 Januarie 2022, wat dele van die Nasionale Vergadering en Ou Nasionale Vergadering se geboue erg beskadig het. Die inligtingsessie sal tydlyne uiteensit en ontwerpe vir die nuwe geboue onthul. Die planne sal na verwagting demokratiese behoeftes prioritiseer, moderne tegnologie integreer en openbare toegang verbeter. ‘n Begeleide toer van die beskadigde dele sal ná die inligtingsessie plaasvind.
# Die vakbondfederasie, Saftu, vra ‘n deeglike ondersoek nadat ʼn gebou in George in die Wes-Kaap ineengestort het. Agt konstruksiewerkers is dood en 38 word nog vermis. Saftu se woordvoerder, Xantilomzi Mapukata, sê indien voorsorgmaatreëls en waarskuwings op die perseel geïgnoreer is weens haas om die gebou te voltooi, moet mense aanspreeklik gehou word:
# President Joe Biden van Amerika waarsku sy land sal ophou om wapens aan Israel te verskaf indien sy magte Rafah in Gaza inval. Die president is onder groot druk, onder andere van sy partylede, om wapenbesendings te beperk te midde van ʼn humanitêre krisis in Gaza. Amerika het verlede week gekeer dat duisende bomme na Israel gestuur word. Biden het erken dat wapens wat Amerika voorsien het, gebruik is om burgerlikes in Gaza dood te maak.
# Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van drie minute twee laat doele aangeteken en Madrid ʼn plek in die eindstryd besorg. Hulle kom op die eerste van volgende maand in Londen teen Borussia Dortmund te staan. Madrid se bestuurder, Carlo Ancelotti, was tevrede met die vertoning:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-56-sent teen die dollar, 19-rand-96-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-620-dollar-63-sent. Die prys van goud is twee-duisend-312-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-90-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….