Nuus 08:00
BULLETIN 5 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke vra eenheid en gebed voor die verkiesing
# City Power voltooi die inspeksie van ondergrondse tonnels in Johannesburg om die skade te bepaal aan die elektrisiteits-infrastruktuur
# En, rugby: Die Haaie kom te staan teen Gloucester in die eindstryd van die Uitdaagbeker
# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke moedig gemeentes aan om in gebed byeen te kom met die verkiesing wat naderkom. Met net 24 dae oor, beklemtoon Mzwandile Molo van die raad die belagrikheid dat godsdiensleiers vrede en verdraagsaamheid bevorder. Molo lei vandag ‘n nasionale gebed vir die verkiesing by die Grace Bible Church in Soweto, en vra leiers om die volk te verenig:
# City Power het die inspeksie van ondergrondse tonnels voltooi onder die M1 in Johannesburg om die brandskade te bepaal aan die elektrisiteits-infrastruktuur. Die woordvoerder, Isaac Mangena, sê rommelverwydering sal vanoggend begin, as ‘n deurslaggewende stap in die herstel van kragtoevoer, na ‘n wydverspreide onderbreking wat deur ondergrondse brande veroorsaak is. Mangena sê ondersoeke aan 300-meter gesteelde koperkabel het bevestig die brand is veroorsaak deur ‘n gepeuter met kragkabels. Hy sê City Power sal akkurate herstelberamings verskaf nadat die puin verwyder is.
# Die president van Kenia William Ruto het die heropening van skole dié week vertraag weens die bedreiging dat Sikloon Hidaya die kusgebiede kan tref. Die besluit volg op verwoestende oorstromings wat meer as 200 lewens geëis het en meer as 150-duisend mense ontwortel het. Baie skole is onder water of beskadig en leerders moet wag vir nuwe datums. Die owerhede vra mense naby damme en reservoirs om te ontruim terwyl die sikloon nader beweeg. In die naburige Tanzanië is meer as 155 mense dood, met die sikloon wat na verwagting op die kusgebiede afpeil.
# Rugby: Die Haaie het die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat die eindstryd haal van ‘n tradisionele Europese kompetisie toe hulle gister teruggeveg het om Clermont 32-31 in die Uitdaagbeker in Londen te klop. In die tweede halfeindstryd het Gloucester die oorhand gekry oor Treviso en met 40-23 gewen. Die spanne sal in die eindstryd kragte meet in die Tottenham-stadion op 24 Mei, die aand voor die Kampioenebeker-eindstryd in dieselfde stadion.
# En, laastens: Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het hulde gebring aan die struggle-ikoon, bekende prokureur, skrywer en historikus, Motsoko Pheko, wat gister op ‘n spesiale provinsiale begrafnis ter ruste gelê is. Pheko is op 19 April in die ouderdom van 93 oorlede. Lesufi beskryf hom as ‘n ikoniese figuur met ‘n formidabele nalatenskap. Hy het Pheko se toewyding aan Suid-Afrika se bevrydingstryd geloof asook sy rol as ‘n lid van die Parlement en as die PAC se verteenwoordiger by die Verenigde Nasies:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….