Nuus 08:00
BULLETIN 4 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Thabo Mbeki steun ‘n ANC-tugverhoor vir Jacob Zuma
# City Power is gereed vir herstelwerk aan die M1-brug na ‘n assessering deur die Johannesburgse Padagentskap
# En, krieket: Die debutant-aanvangskolwer Tanzid Hasan gee Bangladesj ‘n oorwinning oor Zimbabwe
# Oud-president Thabo Mbeki het sy steun toegesê aan die ANC se besluit om oudpresident Jacob Zuma aan ‘n dissiplinêre verhoor te onderwerp. Die ANC het optrede vertraag nadat Zuma sy verbintenis met die uMkhonto weSizwe Party verklaar het. Tydens ‘n veldtog in Soshanguve, Pretoria, het Mbeki die belangrikheid beklemtoon dat die ANC sy eie reëls nakom. Die komende verhoor, wat vir Dinsdag vasgestel is, kan lei tot Zuma se skorsing uit die ANC:
# City Power het begin met voorbereidings vir herstelwerk aan die M1-brug ná ‘n evaluering deur die Johannesburgse Padagentskap. Die woordvoerder, Isaac Mangena, waarsku die herstel van krag kan nie voortgaan nie, weens uitgebreide skade aan infrastruktuur. Mangena sê verdere assesserings, insluitend gasvlak-inspeksies, is nodig. Johannesburg Nooddienste is ook besig om van oorblywende rook en gifstowwe ontslae te raak, om skoon lugventilasie aan herstelspanne te verskaf. Hy verduidelik die take behels rommelverwydering, opruiming van oliestorting en waterdreinering:
# ‘n Durbanse akteur sal agter tralies bly tot sy volgende verskyning in die plaaslike Landdroshof waar hy teregstaan op aanklagte in verband met ‘n internasionale kinderpornografie netwerk. Die 58-jarige man is borgtog geweier nadat hy vroeër in sy woonstel in Glenwood in hegtenis geneem is. Die polisie het beslag gelê op foto’s en gesprekke oor seuns wat beskikbaar is vir seksuele gunste. Altesaam 13 mense is aangekeer as deel van die gesamentlike operasie tussen die polisie en die Amerikaanse Departement van Binnelandse Sake. Die saak teen die man is tot 13 Junie uitgestel.
# RISE Mzansi het solidariteit uitgespreek met die Palestyne tydens die wêreldwye “Week4Palestine”. Die party sê hulle veroordeel gruweldade in Gaza, onderskryf internasionale menseregte-wetgewing en vra vir ‘n onpartydige ondersoek na skendings. RISE Mzansi eis ‘n permanente wapenstilstand, die vrylating van gyselaars, en onbeperkte toegang tot hulp. In ‘n verklaring veroordeel die party, wat hy noem, ‘aansteeklike retoriek wat haatmisdade aanvuur’ en beklemtoon die behoefte aan aanspreeklikheid en geregtigheid wêreldwyd, wat RISE Mzanzi se verbintenis tot menseregte en geregtigheid weerspieël.
# En, laastens, krieket: Die debutant-aanvangskolwer Tanzid Hasan was onoorwonne op 67 en het gehelp om Bangladesj ‘n agt-paaltjie oorwinning oor Zimbabwe te gee in die eerste T20 in Chittagong. Die gashere het in minder as 16 beurte 126 vir twee aangeteken nadat hulle Zimbabwe vir 124 uitgeboul het. Tanzid het agt grenshoue en twee sesse geslaan van die 47 balle wat hy trotseer het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….