Nuus 08:00
BULLETIN 13 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika en China brei samewerking in kunsmatige intelligensie uit
# KPMG sê Suid-Afrika se mynboubedryf kan weer volhoubaar produseer
# En krieket: Cummins ontken Khawaja se bewerings oor die skuurpapier-skandaal
# Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Nomalungelo Gina, sê Suid-Afrika en China streef na wedersyds voordelige samewerking op gebiede soos die digitale ekonomie, kunsmatige intelligensie en energie. Die twee lande wil ‘n talentontwikkeling- en vernuwing-sentrum vir kunsmatige intelligensie in Suid-Afrika vestig. Gina sê dit sal die land se gaping in digitale vaardighede oorbrug, vernuwingsvermoë bou en samewerking met Chinese instellings bevorder. Sy sê voorbereidingswerk is aan die gang:
# Die rekeningkundige firma, KPMG, sê waar aanvraag en marktoestande gunstig is, kan Suid-Afrika se mynboubedryf steeds sterk produksiegroei behaal. Mynbouproduksie het in die derde kwartaal met ses-persent afgeneem vergeleke met die tweede kwartaal, met ʼn jaar-tot-jaar afname van 10,7-persent in September. Negatiewe produksie in die derde kwartaal word toegeskryf aan die platinum-groep metale, ystererts en steenkool. KPMG sê betekenisvolle vordering teen beperkings, insluitend betroubare spoorweë en koste van elektrisiteit, sou die sektor ’n baie sterker platform bied vanwaar hy na volhoubare produksie kan terugkeer.
# Die vakverbond COSATU in Gauteng sê die ammoniak-gaslekkasie by Festive Chicken se aanleg in Olifantsfontein, Ekurhuleni, beklemtoon die belangrikheid van gesondheid en veiligheid in die werksplek. Vier-en-twintig werkers is Woensdag in die hospitaal opgeneem nadat hulle ammoniak-dampe ingeasem het op die hoenderverwerkingsaanleg. COSATU se provinsiale voorsitter, Amos Monyela, sê die Departement van Indiensneming en Arbeid moet die voorval dringend ondersoek en vasstel of die maatskappy die vereiste gesondheids- en veiligheidsregulasies nagekom het:
Nuus uit die buiteland:
# President Donald Trump van Amerika sê hy het visepresident JD Vance, wat onderhandelings tussen Washington en Iran gelei het, opdrag gegee om op binnelandse kwessies te fokus. Trump sê op Truth Social Vance moet al sy aandag fokus op die reuse-korrupsie en misdaad in Demokraties-beheerde stede en state. Hy het ook die noodsaaklikheid onderspeel om ʼn ooreenkoms met Teheran te bereik. Vance het min sukses behaal as leier van die onderhandelings en het die oorlog die skuld gegee vir die Republikeine se verliese in die middeltermynverkiesing.
# Krieket: Australië se toetskaptein, Pat Cummins, ontken sy gewese spanmaat Usman Khawaja se bewerings oor bal-peutery tydens hulle toer in Suid-Afrika in 2018. Khawaja skryf in sy outobiografie, Sabr, die hele span het geweet van die plan om die bal met skuurpapier te skuur tydens die derde toets in Kaapstad. Slegs kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft is gestraf. Cummins het in Sydney ‘n nuuskonferensie toegespreek:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-75-sent teen die dollar, 18-rand-52-sent teen die euro en 22-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-716-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-917-dollar-74-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 97-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….