Nuus 08:00
BULLETIN 5 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK sê gemerkte stembrief-fotoverslae moet ondersoek word
# Die EFF dien ‘n klagte in oor beweerde verkiesingsonreëlmatighede in die Oos-Kaap
# En Israel se Verkiesingskommissie vind geen bewyse van onreëlmatighede in verlede week se verkiesing nie
# Die Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê hy is nie bewus van berigte dat ‘n vooraanstaande openbare figuur na bewering foto’s van sy gemerkte stembrief op sosiale media gedeel het nie. Die akteur Tumisho Masha het sy gemerkte stembrief afgeneem en op sosiale media geplaas. Die gedeelde foto het sy duim met ink daarop getoon, langsaan ‘n stembrief vir die Metropolitaanse Raad van die Stad Johannesburg wat ten gunste van ActionSA gemerk is. Mamabolo sê die Kieswet verbied uitdruklik foto’s van gemerkte stembriewe:
Die EFF in die Oos-Kaap het intussen ‘n amptelike klag by die Verkiesingskommissie ingedien na die ontdekking van ʼn houer met spesiale stembriewe in die Nomandamba-stemdistrik. Dis blykbaar oopgemaak sonder dat die party se agente by was. Die party sê verskeie stembriewe was weg toe hulle die houer inspekteer. ʼn EFF-woordvoerder, Veronica Mente, sê die OVK het stem-tellery in die betrokke kiesafdeling gisteraand opgeskort en hou al die verkiesingsmateriaal eenkant. Sy sê die polisie het die houers met stembriewe na ʼn sentrale tel-sentrum geneem:
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die onttrekking van Suid-Afrika se voordele kragtens die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika is ‘n kommerwekkende ontwikkeling vir handel, indiensneming en bilaterale betrekkinge. In 2025 was ongeveer 89-persent van Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA onder gewone Wêreldhandelsorganisasie se mees-begunstigde nasie-voorwaardes, terwyl slegs ongeveer tien-persent AGOA-uitvoere was. In 2024 was dit nog 28-persent. Die komiteevoorsitter Supra Mahumapelo sê die ontwikkeling versterk die belangrikheid van die diversifisering van uitvoermarkte, die verdieping van streekshandel en die versterking van verhoudings met ‘n wye reeks vennote.
Nuus uit die buiteland:
# Israel se Verkiesingskommissie sê hy het geen bewyse gevind van onreëlmatighede of bedrog wat die integriteit van verlede week se parlementêre verkiesing in gedrang bring of die uitslag raak nie. Eerste minister Benjamin Netanyahu, wie se ver-regse koalisie sy regeringsmeerderheid verloor het, het ongegronde bewerings gemaak dat Arabies-geleide partye die verkiesing moontlik met buitelandse hulp “gesteel” het. Die land se president, Isaac Herzog, het die gesertifiseerde uitslag aanvaar en begin om met politieke partye te onderhandel oor wie die nuwe koalisieregering moet vorm.
# Tennis: Die Serwiër Novak Djokovic kon slegs die tweede keer in sy loopbaan nie vir die ATP-jaareindtoernooi in Turyn kwalifiseer nie. Die 39-jarige speler wat waarskynlik die halfeindronde in Parys moes haal om te kwalifiseer, het teen die Australiese kwalifiseerder, Rinky Hijikata, verloor. Djokovic het die 2017-toernooi weens ʼn elmboogbesering misgeloop. Die wêreld-nommer-een, Alexander Zverev van Duitsland, het ʼn verrassende nederlaag teen Lorenzo Musetti van Italië gely. Die Spanjaard, Carlos Alcaraz, die hoogste gekeurde speler wat oorbly, het die Amerikaner, Alex Michelsen, in skoon stelle afgeransel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-33-sent teen die dollar, 18-rand-38-sent teen die euro en 22-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-607-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-133-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 96-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….