Nuus 08:00
BULLETIN 28 Oktober 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die globale inisiatief teen transnasionale georganiseerde misdaad waarsku politieke moorde bedreig die verkiesingsproses
# Binnelandse Sake verleng sy kantoorure in aanloop tot die verkiesing
# En, daar is geen volstrekte meerderheid vir Netanyahu of Eisenkot in die Israelse verkiesing nie
# Die globale inisiatief teen transnasionale georganiseerde misdaad sê politieke moorde hou ‘n ernstige bedreiging in vir die integriteit en bestendigheid van die verkiesingsproses in aanloop tot volgende Woensdag se plaaslikeregeringsverkiesing. Tussen 1 Januarie en 30 September vanjaar is 45 politieke aanvalle aangemeld waarin 43 mense dood is. Vandeesmaand alleen is nege politiek-verwante moorde aangeteken. KwaZulu-Natal word die meeste deur politieke geweld geraak. Julian Rademeyer van die organisasie het aan die SABC gesê die geweld toon ook dat politiek gekriminaliseer word:
# Die Departement van Binnelandse Sake gaan tot volgende Woensdag se plaaslikeregeringsverkiesing sy kantore se bedryfsure verleng. Die doel is om alle Suid-Afrikaners geleentheid te gee om aansoek te doen vir ID’s, of hul ID’s of tydelike identiteitsertifikate te kry voor hulle gaan stem. Die departement se woordvoerder, Ndileka Cola, sê landsburgers wat vir ID’s aansoek gedoen het, word aangemoedig om dit te gaan haal en hul reg om te stem uit te oefen:
# ActionSA het aan Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, geskryf en gevra dat die onafhanklike ondersoek na die Bronkhorstspruit-krisis ook vasstel of amptenare se optrede of gebrek aan optrede polities gemotiveerd was. Die krisis hou verband met ʼn tekort aan chloor by die watersuiweringsaanleg wat veroorsaak het dat meer as 800 mense maagdermsiekte opdoen. ActionSA sê gegewe die tydsberekening voor die verkiesing, is politieke partye gou om die krisis ʼn politieke oorsaak te gee en Moya te blameer. Hy sê die skuldiges moet aanspreeklik gehou word.
# Peilings toon dat Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu en sy grootste mededinger, gewese militêre hoof Gadi Eisenkot, tans nie een ʼn volstrekte meerderheid het nie. Die land het gister sy eerste wetgewende verkiesing gehou sedert die Hamas-geleide aanval op 7 Oktober 2023. Volgens peilings deur Israel se twee voorste uitsaaiers, Kan 11 en Channel 13, het Netanyahu se regse en die ultra-Ortodokse partye, en die Eisenkot-geleide blok albei 51 setels. ʼn Kandidaat het 61 parlementêre setels nodig om ʼn meerderheidsregering te vorm. Die finale uitslag word binne die volgende 48 uur verwag.
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev, het vier wedstrydpunte afgeweer om die Spanjaard Martin Landaluce te klop en die Weense Ope se rondte van 16 te haal. Indien die Duitser die kwarteindronde in Wene haal, sal hy Maandag die eerste keer in sy loopbaan nommer een wees wanneer hy die Italianer, Jannik Sinner, onttroon. Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, het in die eerste rondte met Karen Khachanov van Rusland afgereken. Flavio Cobolli van Italië en die Amerikaner, Tommy Paul, is ook deur na die rondte van 16.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-66-sent teen die dollar, 18-rand-53-sent teen die euro en 22-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-860-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-46-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 115-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….