Nuus 08:00
BULLETIN 15 Oktober 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Gwede Mantashe verdedig Fikile Mbalula te midde van die ANC se kandidatelyskrisis
# Die EFF veroordeel pogings om die party te betrek by die dodelike skietery in Katlehong
# En Zelensky sê hy voel verraai deur Trump oor die Russiese brandstofooreenkoms
# Die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, het sekretaris-generaal Fikile Mbalula verdedig en sê mense moenie oordeel voor die hofbeslissing oor hul kandidaatlyste nie. Die Konstitusionele Hof lewer vandag uitspraak in die ANC se aansoek om 181 raadslid-kandidate op die stembrief te plaas vir die plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November. Lede van sy party vra dat Mbalula bedank na sy versuim om kandidaatlyste voor die sperdatum in te dien. Mantashe het aan die SABC gesê dis onregverdig om die skuld op een persoon te pak:
# Sakeliga het sy regsuitdaging teen die Wet op Eiendomspraktisyns na die Konstitusionele Hof geneem, in ‘n poging om dele van die wet se lisensievereistes te herroep. Dit volg na ’n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria wat die vereiste vir eiendomspraktisyns om swart ekonomiese bemagtigingsertifikate te verskaf ongeldig verklaar het. Anton Meijer van Sakeliga wil hê eiendomsontwikkelaars, effektemakelaars en eiendomsadministrateurs moet uitgesluit word van regulasies wat vir eiendomsagente bedoel is:
# Die EFF in Gauteng sê hy verwerp pogings om die party by Dinsdag se noodlottige skietery in Katlehong, Ekurhuleni te betrek. Vier mense, insluitend twee lede van die ANC Jeugliga, is doodgeskiet toe hulle van ‘n gedenkdiens af gekom het. Die EFF sê Fani Sibeko, die persoon wat in verslae genoem word in verband met die skietery, is ‘n lid en raadslidkandidaat van die Afrika Mayibuye Movement, nie die EFF nie. Die party sê noudat ‘n verdagte in aanhouding is, moet die polisie se ondersoek voortgaan sonder bespiegelings of politieke inmening.
# Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê hy voel president Donald Trump het hom verraai toe hy verlede week ‘n brandstofooreenkoms met Rusland onderteken het. Die ooreenkoms skort sanksies op Moskou se brandstof-uitvoere vir ses maande op sodat diesel teen markverwante pryse verkoop kan word. Russiese magte het Maandag nuwe aanvalle op Oekraïne uitgevoer, slegs ure nadat Trump gesê het ʼn “energie-skietstilstand” is van krag. Zelensky het in ʼn onderhoud met die Britse mediapersoonlikheid, Piers Morgan, gesê die brandstofooreenkoms is ʼn “maklike oorwinning” vir Rusland:
# Tennis: Die Amerikaner, Ann Li, het haar grootste oorwinning tot dusver behaal toe sy die driemalige kampioen, Aryna Sabalenka, by die Wuhan Ope verslaan het. Die Belarus het nege wedstrydpunte afgeweer voor die 31ste geplaaste Li uiteindelik met 3-6, 6-4, 7-6 geseëvier en na die laaste 16 deurgedring het. Jelena Ostapenko van Letland het met die tweede gekeurde Amerikaner, Jessica Pegula, afgereken terwyl Karolina Muchova van Tsjeggië teruggeveg het en die Amerikaanse kwalifiseerder, Caty McNally, geklop het. Die Brit, Sonay Kartal, het die wêreld-nommer-12, Belinda Bencic van Switserland, verslaan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-55-sent teen die dollar, 18-rand-58-sent teen die euro en 21-rand-93-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-113-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-151-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 106-dollar-37-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….