Nuus 08:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Aartsbiskop Makgoba doen ʼn beroep op Israel en Hamas om hulle wapens neer te lê
# Beurtkrag bly opgeskort tot verdere kennisgewing
# En, rugby, daar is kommer oor nog ʼn besering aan Eben Etzebeth
# Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad en president van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, Thabo Makgoba, doen ‘n beroep vir ‘n onmiddellike skietstaking in Gaza. Makgoba het die Paasdiens in St George’s katedraal gelei. Volgens die Palestynse departement van Gesondheid het minstens 82 mense oor ‘n 24-uur tydperk in Gaza gesterf, wat die totale sterfgevalle sedert 7 Oktober op 32-duisend-705 te staan bring. Makgoba sê met soveel lewens vernietig, lyk gister se Opstanding baie ver weg:
# Eskom sê hy het beurtkrag tot verdere kennisgewing opgeskort danksy volgehoue opwekkingskapasiteit, voldoende noodreserwes en verwagte laer aanvraag. Die kragvoorsiener sal Woensdag ‘n vooruitskouing vir die res van die week gee, of andersins indien daar enige beduidende veranderinge is. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena, vra verbruikers om voort te gaan om elektrisiteit spaarsamig en doeltreffend te gebruik:
Intussen waarsku die kragvoorsiener Suid-Afrikaners oor ‘n bedrieglike boodskap wat op sosialemedia-platforms die rondte doen onder die titel “Additional Information Required for Refund“. Die boodskap versoek kliënte om op ‘n skakel te kliek om geld in hulle rekenings te ontvang. Kliënte word gewaarsku om dit nie te doen nie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê slagoffers moet onmiddellik ‘n strafregtelike klag van bedrog by die polisie aanmeld, sou hulle agterkom hulle is bedrieg.
# Die N3-tolkonsessie sê die verkeer noordwaarts na Gauteng sal na verwagting van vandag af geleidelik toeneem op die N3-tolroete tussen KwaZulu-Natal, Vrystaat en Gauteng. Verkeersvoorspellings dui daarop dat volumes waarskynlik ‘n hoogtepunt sal bereik met tot soveel as tweeduisend voertuie per uur gedurende die dag op pad Gauteng toe. Die bedryfsbestuurder van die N3-tolkonsessie, Thania Dhoogra, sê die swaar verkeer sal waarskynlik tot Dinsdag voortduur aangesien skole eers Woensdag heropen:
# Rugby: Die Haaie se oorwinning van 23-13 teen Edinburgh in ‘n Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd Saterdag het dalk teen ‘n groot prys gekom. Suid-Afrika se Speler van die Jaar, Eben Etzebeth, is vir ‘n ribbekasbesering behandel en het nie weer na rustyd op die veld verskyn nie. Die Haaie se hoofafrigter, John Plumtree, hoop Etzebeth is slegs vir twee of drie weke uit die spel. Die reuseslot het eers onlangs teruggekeer na die spel nadat hy vroeg in Januarie ‘n knie-operasie moes ondergaan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….