Nuus 08:00
BULLETIN 14 Oktober 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê Eskom kan nie aanhou om sy pryse op te stoot terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie
# Twee lede van die ANC-jeugliga is in Katlehong doodgeskiet
# En die Vatikaan sê Pous Leo is met longkanker gediagnoseer
# Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het ‘n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe met bykans 13-persent gestyg het. Kevin Mileham van die DA sê Eskom moet koste besnoei, sy finansiële beheermaatreëls verbeter en verseker dat toekomstige prysverhogings geregverdig is:
# Die Madlanga-kommissie sê hy gaan met die omstrede pierewaaier, Serge Cabonge, vergader oor bewerings wat hy in ‘n opname tydens die voormalige nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, se borgtogverhoor gemaak het. In die opname ontken Cabonge bewerings oor die aard van sy transaksies met Sibiya, bespreek sy verhouding met die Vusimuzi “Cat” Matlala, en beweer hy het noue bande met ʼn amptenaar in die kommissie wat belowe het om hom te beskerm. Die Madlanga-kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê Cabonge is voorheen tydens verhore genoem:
# Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het. Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê ʼn verdagte is in verband met die skietery gearresteer:
# Die Vatikaan sê ʼn deel van pous Leo se regterlong is verwyder. Dit was kankeragtig, soos toetse voor die operasies aangedui het. Die 71-jarige pous het gister ʼn operasie van 90 minute ondergaan by die Gemelli-hospitaal in Rome. Hy is met long-klierkanker gediagnoseer wat ʼn algemene vorm van longkanker is. Die Vatikaan sê pous Leo het ná die operasie normaal wakker geword en was ʼn kort tydjie onder waarneming voordat hy na sy kamer verskuif is. Die pous het al sy openbare geleenthede tot 20 Oktober afgestel.
# Sokker: Verlede jaar se naaswenners, Arsenal, sit hul segetog in die Kampioeneliga voort en verslaan Lille by die Emirates-stadion in Londen met 3-0. Jurrien Timber, Eberechi Eze en plaasvervanger Bukayo Saka se doele het die Gunners se aantal oorwinnings in die liga-fase tot 14 wedstryde opgestoot. Die vyfmalige kampioene, Barcelona, vorder ook goed en verslaan Galatasaray in Istanboel met 4-1. Bayern Munich se wedstryd teen die Noorweegse kampioene, Viking, het gelykop geëindig met drie elk; Manchester United het met 2-0 teen Atlético Madrid verloor; en Club Brugge het Inter Milan met 4-3 verras.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-45-sent teen die dollar, 18-rand-44-sent teen die euro en 21-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-700-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-166-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 108-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….