Nuus 08:00
BULLETIN 24 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se KwaZulu-Natalse voorsitter is vol vertroue die bekendstelling van die ANC-manifes sal ‘n sukses wees
# Die Suid-Afrikaanse Wind-energie-vereniging wys ‘n nuwe voorsitter aan
# En, tennis: Die gunsteling Iga Swiatek is uit die Dubai-ope
# Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, het die vertroue uitgespreek die ANC-manifesbekendstelling sal ‘n sukses wees. Partylede kom by die Moses Mabhida-stadion in Durban byeen terwyl president Cyril Ramaphosa voorberei om die party se manifes in die hoogs-betwisde provinsie uiteen te sit. Duma sê die party is oortuig hy sal die algemene verkiesing wen en ‘n meerderheid in KwaZulu-Natal behaal:
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het die ontplooiing van kaders gekritiseer en sê dit strem ekonomiese groei. Mashaba het die DA ook van skynheiligheid beskuldig en voer aan die party beoefen ook kaderontplooiing terwyl hy die ANC oor die kwessie teiken. Mashaba beweer daar was pogings om kaderontplooiing te beoefen tydens sy ampstermyn as DA-lid in die Stad Johannesburg:
# Die Suid-Afrikaanse Windenergie-vereniging het Sunette Smith as sy nuwe voorsitter aangestel, wat Dhesen Moodley opvolg. Smith, ‘n sake-ontwikkelingsbestuurder by die Reatile-groep, bring ‘n magdom ervaring na haar nuwe rol. Sy het voorheen as kommersiële en finansiële direkteur by Murray en Roberts gedien. Haar sleutelfokus-gebiede sal uitdagings insluit rakende netwerkkapasiteit, ‘n kritieke aspek vir die bevordering van volhoubare windenergie-inisiatiewe in Suider-Afrika.
# Frankryk het die Tunisiese imam Mahjoub Mahjoubi gedeporteer nadat hy onaanvaarbare aanmerkings oor die land se vlag gemaak het. Die Franse minister van Binnelandse Sake, Gérald Darmanin, sê hy het die vlag satanies noem in ‘n aanlyn video wat wyd versprei is. Darmanin het Frankryk se nuwe immigrasiehervormings geloof, omdat dit vinnige deportasie moontlik gemaak het. Die imam het egter die beskuldigings ontken en sê hy het nie bedoel om oneerbiedig te wees nie. Hy het 38 jaar in Frankryk gewoon en was ‘n imam by die Ettaouba-moskee in die suide.
# En, tennis: Die kwalifiseerder Anna Kalkinskaya van Rusland het die Poolse gunsteling Iga Swiatek in skoonstelle verras by gister se Dubai-ope, om haar plek te verseker in vanmiddag se eindstryd. Sy het Swiatek 6-4, 6-4 geklop en speel nou teen Jasmine Paolini van Italië, wat Sorana Cirstea van Romenië 6-2, 7-6 geklop het. Beide finaliste sal Maandag vir die eerste keer onder die top-twintig op die ranglys verskyn.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….