Nuus 07:00
BULLETIN 29 Februarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag maak vordering met kwessies om Suid-Afrika van die gryslys te kry
#Salga sê ‘n wetgewende raamwerk is nodig vir koalisieregerings
# En, Alexei Navalny word môre in Moskou ter ruste gelê
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy maak vordering om kwessies te hanteer wat die Finansiële Aksietaakmag genoem het toe Suid-Afrika verlede jaar op die gryslys geplaas is. Volgens berigte het die land slegs vyf van die 23 sake hanteer wat nodig is om van die lys verwyder te word. Dit sluit ‘n omvattende strategie in om die finansiering van terrorisme te bekamp. Die hoof van die NVG se Batebeslagleggingseenheid, Ouma Rabaji-Rasethaba, sê hulle oorweeg om privaat regsfirmas en ondersoekers te betrek om die opbrengs van misdaad terug te kry, waarvan sommige buite die landsgrense was.
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Vereniging sê koalisies moet gereguleer word om bestendigheid te verseker. Sedert 2016 het koalisies in die meeste metropolitaanse rade soos dié van die Stad Johannesburg, die Stad Kaapstad en die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit regeer, maar dit bly onstabiel. Die vereniging se president, Bheke Stofile, sê ʼn wetgewende raamwerk vir koalisieregerings is nodig om politieke partye leiding te gee oor die vorming van koalisies:
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het nie-aanhoudingstrawwe voorgestel om die oorbevolking van tronke te verlig. Daar is tydens besprekings op die Nasionale Konferensie oor die Geïntegreerde Strafregstelsel onthul Suid-Afrikaanse tronke is 48-persent oorvol. Masemola stel alternatiewe oplossings voor vir minder ernstige misdade, en beklemtoon die rehabiliterende voordele daarvan bo aanhouding. Hy maan teen die gevolge van oorbevolking, wat insluit ontsnappings, bendebedrywighede en gesondheidsrisiko’s.
# Die EFF in Gauteng sê tien maande nadat premier Panyaza Lesufi beloof het om individue te vergoed wat e-tolgeld betaal het, beweer hy dat hy nooit so ʼn belofte gemaak het nie. Die party se woordvoerder, Dumisani Baleni, sê Lesufi het egter in Januarie verlede jaar in ʼn radio-onderhoud gesê meer as 6,9-miljard-rand is nodig om die geld terug te betaal. Hy sê die premier het slegs belang gestel in sy leierskap, self-beloning en om inwoners se probleme vir sy verkiesingsveldtog te gebruik:
# Die Russiese opposisieleier Alexei Navalny sal môre in Moskou ter ruste gelê word na sy dood in ‘n Arktiese tronk vroeër die maand. Sy liggaam is eers na agt dae aan sy naasbestaandes oorhandig, met nog geen sekerheid oor die oorsaak van sy dood nie. Navalny se woordvoerder, Kira Yarmish, het vroeër gesê hulle het gesukkel om ‘n begrafnisondernemer te kry om die begrafnis te hanteer, vermoedelik in opdrag van president Vladimir Putin. Navalny se weduwee, Yulia Navalnaya, en verskeie wêreldleiers het Putin die skuld gegee vir die dood van een van sy grootste kritici.
# Rugby: Die Leeus se losskakel, Jordan Hendrikse, sal hom aan die begin van die volgende Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen aansluit by sy Springbok-broer Jaden by die Haaie. Die broers het in Durban skoolgegaan. Die Haaie, wat ‘n nagmerrie-seisoen beleef, is tans laaste op die punteleer met net een oorwinning in elf kragmetings, en het nie nog ‘n nommer tien buiten Curwin Bosch nie. Die skrumskakel Jaden Hendrikse het in 2021 sy debuut vir Suid-Afrika gemaak en sedertdien 15 toetse gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-25-sent teen die dollar, 20-rand-86-sent teen die euro en 24-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-460-dollar-72-sent. Die prys van goud is twee-duisend-36-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….