Nuus 07:00
BULLETIN 1 Augustus 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Defend Our Democracy vra Suid-Afrikaners om hierdie naweek as kiesers te registreer
# Gauteng waarsku koeriers en hul bestuurders oor ‘n oplewing in kapings
# En, Dambile wen goud vir Suid-Afrika in Glasgow by die Statebondspele
# Defend Our Democracy het alle stemgeregtigde burgers, jonk en oud, dringend gevra om deel te neem aan die laaste kiesersregistrasie-naweek by stempunte of om gebruik te maak van die aanlyn registrasieplatform. Die woordvoerder, Wade Manning sê plaaslike regering is die voorste linie van Suid-Afrika se demokrasie. Hy sê dit is waar belangrike besluite rakende water, elektrisiteit, behuising, paaie en daaglikse gemeenskapsdienste geneem word:
Intussen het ActionSA die voormalige Build One South Africa-lid van die Gautengse wetgewer, Ayanda Allie, as hul provinsiale verkiesingsveldtog-ambassadeur aangestel voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die aankondiging volg ná haar onlangse vertrek by BOSA, waar sy die party se enigste verteenwoordiger in die wetgewer was. Die president van ActionSA, Herman Mashaba sê Allie sal help om die party se veldtog te lei:
En die MK-party sê hy is gereed om deel te neem aan sy eerste plaaslike regeringsverkiesing, ‘n belangrike mylpaal vir die organisasie, slegs twee jaar ná sy stigting. Die party meen die onwrikbare liefde, toewyding en respek wat lede en belanghebbendes teenoor die leier, Jacob Zuma, en die organisasie toon, het die vertroue versterk om ‘n oorwinning te behaal. Die party sê alle amptenare en lede van die strategiese presidensiële span sal tydens hierdie kiesers-registrasienaweek in hul onderskeie streke en provinsies ontplooi word.
# Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid vra koeriers en afleweringsbestuurders om waaksaam te bly ná ‘n toename in kapings gerig op koeriervoertuie. Owerhede het onlangs vyf verdagtes in hegtenis geneem wat met so ‘n kaping verbind word, terwyl twee vermeende roofverdagtes noodlottig gewond is tydens ‘n afsonderlike polisie-operasie in Boksburg. Die departement se woordvoerder, Ofentse Morwane, raai bestuurders aan om te hou by hul beplande roetes, afgesonderde gebiede te vermy en verdagte bedrywighede aan te meld:
# Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het om verskoning gevra nadat amptenare tydens ‘n aanbieding by die VIGS 2026-konferensie in Rio de Janeiro, ‘n kaart van Afrika vertoon het waarop verskeie lande verkeerd was. Die voorval het kritiek ontlok met die Trump-administrasie wat veranderinge aan VSA-befondsde wêreldwye MIV-programme verdedig het. Die aanbieding het Nigerië in die binneland aangedui, Mosambiek in die Horing van Afrika geplaas, met die Ivoorkus aan die verkeerde kant van die vasteland. Sedert president Donald Trump terug is in die Withuis, het die departement wêreldwye gesondheidsbefondsing verminder en ‘n herstrukturering ondergaan wat talle loopbaanposte uitgeskakel het.
# En Statebondspele: Sinesipho Dambile het Vrydagaand in Glasgow op ‘n skouspelagtige wyse Span Suid-Afrika se eerste goue medalje op die atletiekbaan verower. Dambile het die mans 200-meter-eindstryd in 19,96-sekondes gewen. Die voormalige junior wêreldkampioen. Udodi Onwuzurike van Nigerië, was tweede en Christopher Taylor van Jamaika derde. Vroeër het die judo-atleet Donne Breytenbach ‘n bronsmedalje in die vroue 57-kg-afdeling verower. Span SA het nou altesaam 25 medaljes met sewe goud, nege silwer en nege brons.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….