Nuus 07:00
BULLETIN 23 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Polisie- raadgewende paneel word beplan
# Die DA waarsku Wes-Kaapse landbou is verwoes en plaaswerkers ontheem ná die Mei-vloede
# En, vrygelaatde Gaza-flotilje‑aktiviste beweer Israelse mishandeling, insluitend verkragting
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die stigting van ‘n raadgewende paneel vir die Polisie aangekondig om wetstoepassingshervormings te bevorder. Die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, sal die voorsitter wees, en die adjunkvoorsitter van die Staatsdienskommissie, Zukiswa Mqolombo, sal as adjunkvoorsitter dien. Cachalia sê die paneel sal advies gee oor die polisie se herinstellingsagenda en aanbevelings deur die Madlanga-kommissie, en die toekomstige stigting van ‘n Nasionale Polisieraad lei:
Action Society sê intussen die jongste misdaadstatistieke bevestig ‘n diep krisis in die polisiëringstelsel, met meer as vyf-duisend moorde wat tussen Januarie en Maart gerapporteer is. Die organisasie voer aan geweldsmisdaad bly steeds uiters hoog, terwyl gemeenskappe steeds stygende vlakke van verkragting, aanranding en ander ernstige oortredings ondervind. Juanita du Preez van Action Society spreek ook kommer uit oor gapings in polisiëringskapasiteit, insluitend ‘n tekort aan hulpbronne en ‘n gerapporteerde gebrek aan verkragtingtoetsstelle by sommige stasies:
En AfriForum sê die jongste statistieke toon die Suid-Afrikaanse Polisiediens slaag steeds nie daarin om gemeenskappe doeltreffend te beskerm nie, ten spyte van ‘n effense daling van 4,6-persent in geweldsmisdaad. Die organisasie voer aan dat polisiëring nie gesentraliseer kan word nie en moet beter met plaaslike veiligheidsstrukture saamwerk, aangesien misdaaduitdagings nie in alle streke dieselfde is nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê formele vennootskappe tussen polisie, buurt- en plaaswagte kan help om polisiëring te versterk en veiligheid te verbeter:
# Die DA sê die Wes-Kaap gaan swaar ekonomiese verliese en ‘n groeiende humanitêre krisis moet hanteer, na die onlangse vloede. Volgens die party is meer as twee-duisend plaaswerkers en hul gesinne in die Kaapse Wynland ontwortel, terwyl plase, wingerde, boorde en plattelandse infrastruktuur ernstig beskadig is. Noko Masipa van die DA sê elektrisiteitsprobleme bedreig uitvoervrugte in koelkamers, wat werkgeleenthede en internasionale handel in gevaar stel:
# Aktiviste wat uit Israelse aanhouding vrygelaat is, beweer hulle is mishandel, met verskeie beseerdes wat in die hospitaal is. Minstens 15 het seksuele aanranding, insluitend verkragting, aangemeld. Israelse magte het Dinsdag 430 mense aan boord van 50 skepe in internasionale waters in hegtenis geneem om ‘n flotilje met vrywilligers te stop, wat hulpvoorraad na die Gazastrook sou neem. Westerse regerings het Donderdag hul woede uitgespreek nadat die Israelse minister, Itamar Ben-Gvir, ‘n video geplaas het waarin hy die spot dryf met aktiviste wat in ‘n tronk op die grond vasgedruk word.
# En rugby: Die kaptein van die Stormers, Ruhan Nel sê hulle is teleurgesteld dat hulle slegs derde op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer geëindig het, aangesien die tweede plek ‘n tuishalfeindstryd sou verseker het, indien hulle na die volgende ronde sou deurgaan. Hul eerste doelwit was egter om ‘n tuiskwarteindstryd te verseker en hulle is baie opgewonde. Die Stormers pak Cardiff volgende Saterdag in Kaapstad nadat hulle teen dieselfde span in hul laaste groepwedstryd in Wallis verloor het. Nel sê hulle moet uit hul foute kan leer om sekere dinge beter te doen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….