Nuus 07:00
BULLETIN 8 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Moody’s voorspel dat Suid-Afrika se skuld vanjaar sal stabiliseer voordat dit geleidelik sal afneem
# Vusimuzi “Cat” Matlala se verhoor is vir Julie geskeduleer
# En die Kanariese Eilande is gereed om die hantavirus-passasierskip te ontvang
# Moody’s Ratings sê beter fiskale prestasie en bestendige hervorming ondersteun sy siening dat Suid-Afrika se skuld vanjaar sal stabiliseer voordat dit geleidelik afneem. Die agentskap beraam dat algemene regeringskuld in 2025 ‘n hoogtepunt bereik het op 86,8-persent van die bruto binnelandse produk, en voorspel dit sal geleidelik daal tot 84,9-persent teen 2028. Moody’s waarsku dat indien wêreldwye ekonomiese groei skerp verlangsaam, sal dit waarskynlik Suid-Afrika se ekonomiese herstel vanjaar en in 2027 beïnvloed, en ʼn verlangsaming van 20 tot 50 basispunte beteken.
# Build One South Africa sê Suid-Afrikaners is gereed vir ʼn billiker, meer deursigtige arbeidsmark. Ongeveer een-duisend-200 geskrewe voorleggings ter ondersteuning van die Wetsontwerp op Billike Betaling is ingedien die eerste week nadat dit in die Staatskoerant gepubliseer is. Die wetsontwerp wat BOSA in die Parlement bevorder, wil die Wet op Gelyke Indiensneming wysig om drie hervormings in te stel: die beëindiging van historiese diskriminasie, verpligte salarisdeursigtigheid in werksadvertensies en gelyke betaling vir gelyke werk. BOSA sê die wetsontwerp is ʼn reaksie op mense se gevoelens oor vermeende onregverdigheid in die land se ekonomie.
# Die verhoor van sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigde sal op 20 Julie in die Johannesburgse Hooggeregshof begin. Matlala en vier ander beskuldigdes staan tereg op 25 aanklagte, insluitend verskeie aanklagte van poging tot moord wat verband hou met verskeie beweerde skietvoorvalle tussen 2022 en 2024. Magaboke Mohlatlole van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak gaan oor gekoördineerde aanvalle, terwyl die verdediging toegang tot sleutelbewyse betwis, wat daartoe lei dat ’n vooraf-verhoor sal plaasvind:
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê pogings gaan voort om probleme met dienslewering in die Ditsobotla- plaaslike munisipaliteit in Noordwes aan te spreek. Die munisipaliteit se probleme hou verband met onvoldoende water- en sanitasiedienste, onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening en swak padinfrastruktuur. Hy het die munisipaliteit gister besoek as deel van die regering se pogings om munisipaliteite se vermoë om basiese dienste te lewer, te verbeter. Mashatile sê die regering tree beslissend op om bestuur en dienste in Ditsobotla te herstel:
# Spanje se Kanariese Eilande berei voor om ‘n Atlantiese luukse passasierskip te ontvang wat passasiers vervoer wat deur ‘n hantavirus-uitbreking geraak is, na samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie. Gesondheidsowerhede tref maatreëls vir veilige ontskeping en mediese assessering van die persone aan boord van die vaartuig, terwyl die skip sy roete onder streng monitering voortsit. In ‘n media-inligtingsessie het die WGO direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, vertroue uitgespreek in Spanje se vermoë om die situasie te bestuur:
# Atletiek: ʼn Suid-Afrikaanse span van 34 atlete neem volgende week deel aan die Afrika-atletiek Senior Veld- en Baan-kampioenskappe in Accra, Ghana. Dit sluit in die 100-meter-naelloper Bradley Nkoana, 800-meter-naelloper Prudence Sekgodiso, die hekkiesatlete Rogail Joseph en Marione Fourie, verspringers Luvo Manyonga en Danielle Nolte, en spiesgooier Jana van Schalkwyk. Tien van die atlete het voorheen medaljes by die vasteland-kampioenskappe gewen. Atletiek Suid-Afrika se waarnemende president, John Mathane, sê die span is ʼn goeie balans tussen ervaring en nuwe, ambisieuse atlete, maar almal wil op die podium staan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 22-rand-28-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-783-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-713-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 99-dollar-65-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….