Nuus 07:00
BULLETIN 14 Maart 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa versoek gemeenskappe om saam te werk met die weermag en polisie
# Sakereddingspraktisyns wil die Suid-Afrikaanse Poskantoor likwideer
# En die VSA tree toe tot Suid-Afrika se saak teen Israel
# President Cyril Ramaphosa het gemeenskappe versoek om met die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag saam te werk in die stryd teen misdaad. Tweeduisend-200 SANDF-lede sal in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Wes-Kaap ontplooi word om onwettige mynbou en bendegeweld te teiken. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die ontplooiing sal van Maart vanjaar tot Maart volgende jaar plaasvind en meer as 823-miljoen-rand kos:
Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het intussen die week mynboutoerusting en gouddraende materiaal gekonfiskeer tydens klopjagte in Rietvallei, in Gauteng, as deel van voortgesette operasies teen onwettige mynbou. Die soldate het deur-tot-deur deursoekings uitgevoer wat vermeende onwettige mynwerkers geteiken het. Dit is deel van Operasie Prosper, wat formeel deur Ramaphosa goedgekeur is om misdaad in vyf provinsies te bestry. Sommige inwoners het die optrede verwelkom, hoewel ander sê hulle was aanvanklik bang vir die militêre teenwoordigheid.
# Die geskorste hoof van die Georganiseerde Misdaadeenheid van die Polisie, Richard Shibiri, het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek gesê hy kan nie bevestig of Vusimuzi “Cat” Matlala ‘n lid van die beweerde “Groot Vyf”-kartel is nie. Shibiri het getuig dat hy slegs weet Matlala het sekuriteit verskaf vir die oorlede taxibaas Jothan “Mswazi” Msibi. Hy het ook gesê Msibi en sakeman Ze Nxumalo is nie deel van die kartel nie:
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê die regering voer gesprekke oor die pad vorentoe vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor. Dit volg na ‘n brief deur die Poskantoor se sakereddingspraktisyns wat aandui dat hulle van plan is om aansoek te doen vir likwidasie. Malatsi sê dit is te vroeg om van likwidasie te praat, aangesien die Departement en Nasionale Tesourie steeds praat oor ‘n oplossing om werksgeleenthede en openbare fondse te beskerm:
# Die Verenigde State het formeel betrokke geraak by Suid-Afrika se saak van volksmoord teen Israel by die Internasionale Geregshof. Washington voer aan die beskuldigings teen Israel is deel van ‘n breër veldtog om die land onwettig te verklaar en hou vol dat burgerlike ongevalle in Gaza die gevolg is van gemeenskapsgevegte teen Hamas, nie ‘n volksmoordplan nie. Suid-Afrika het die saak in Desember 2023 aanhangig gemaak, en die hof het voorlopige maatreëls gelas wat Israel nood om dade van volksmoord te voorkom. Die hof sal voortgaan om skriftelike voorleggings van die ongeveer 20 state betrokke in te samel voordat ‘n finale uitspraak gelewer word, wat jare kan duur.
# En rugby: Die Bulle het hul voorry met Springbokke gepak vir vandag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Stormers op Loftus. Gerhard Steenekamp, Johan Grobbelaar en Wilco Louw sal die Bulle se skrum anker in die plek van Alu Tshakweni, Jan-Hendrik Wessels en Mornay Smith, wat in die onlangse wedstryd teen die Haaie gespeel het. Die flank Marco van Staden sal op die bank wees in sy 100ste wedstryd vir die Pretoriase span in ‘n lostrio saam met kaptein Marcell Coetzee en Elrigh Louw.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….