Nuus 07:00
BULLETIN 27 Januarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
# As gevolg van vier opwekkingseenhede wat oornag uit diens geneem is, is Fase 2-beurtkrag om 05:00 vanoggend tot verdere kennisgewing ingestel. Eskom sal kommunikeer indien enige beduidende veranderinge plaasvind.
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa smeek by Israel om die menslike tragedie in Gaza stop te sit
# Netanyahu verwerp Internasionale Geregshof-besluit oor Israel se verdediging
#En, krieket: Super Giants bo aan SA20-punteleer na bonuspunt-oorwinning oor Paarl Royals
# President Cyril Ramphosa sê die Internasionale Geregshof se uitspraak teen Israel is ‘n oorwinning vir internasionale reg, en geregtigheid vir die Palestynse volk. Die president het die voorlopige maatreëls verwelkom wat die hof beveel het om die menseregte van die Palestyne in die Gaza-strook te beskerm. Die uitspraak het bepaal Israel se optrede in Gaza kan moontlik as volksmoord beskou word. Ramaphosa sê die voorlopige maatreëls bind Israel regstreeks om die menslike tragedie wat in Gaza afspeel, te stuit:
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Israel intussen gemaan om te voldoen aan die voorkomende maatreëls wat die hof hom opgelê het. Die regering het reageer op die hof se uitspraak wat moontlike volksmoord in Gaza erken, en het sy dankbaarheid uitgespreek vir die vinnige beslissing. Woordvoerder Clayson Monyela sê dit dui op ‘n beduidende oorwinning vir die internasionale reg, en geregtigheid vir Palestyne. Hy sê die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad sal formeel in kennis gestel word, en daag individuele lande se vetomag uit:
Vroeër het Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu die besluit van die Internasionale Geregshof ten sterkste verwerp, en Israel se onwrikbare verbintenis tot internasionale gereg en sy inherente reg op selfverdediging bevestig. Netanyahu het, wat hy noem, die valse beskuldiging van volksmoord, veroordeel, en noem dit verregaande en diskriminerend. Teen die agtergrond van Internasionale Volksmoord-herdenkingsdag, vandag, het hy die onwrikbare verbintenis herbevestig met ‘n vasberade ‘Nooit Weer Nie’. Netanyahu sê Israel se konflik is spesifiek gemik op Hamas, en nié teen Palestynse burgerlikes nie. Hy het voortgesette verdedigingsmaatreëls en humanitêre hulp belowe om die nasie en sy mense te beskerm.
# Parlementslede het leiding van die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling ontvang om misverstande rondom die Wetsontwerp op Dagga vir privaat doeleindes uit die weg te ruim. Die wetsontwerp, wat aan die einde van 2023 deur die Nasionale Vergadering aangeneem is, is tans onder parlementêre verwerking. Van die menings het aangedui die wetsontwerp is steeds beperkend, terwyl ander daarna verwys het as ‘n toegangspoort tot dwelms. John Jeffery van die departement het verder verduidelik wat die wetsontwerp behels:
# En, krieket: Nadat hy gesukkel het om aan die gang te kom in die SA20, het Quinton de Kock gister uiteindelik losgetrek teen Paarl Royals in die Paarl. Die besoekers het ‘n eensydige wedstryd met 57 lopies gewen en sodoende die boonste posisie op die punteleer ingepalm. Nadat die Super Giants eerste gekolf het nadat hulle die loot gewen het, het De Kock en Jon-Jon Smuts gesorg vir 118 lopies om hulle span te help om 190 vir 3 aan te teken. In antwoord het die Royals gesukkel en gereeld paaltjies verloor om te eindig op 133 almal uit in 19 beurte en drie balle.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….