Nuus 07:00
BULLETIN 17 November 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA sê Suid-Afrika se G20-presidentskap is gevul met leë retoriek
# Die Nkabinde-ondersoek na Chauke se geskiktheid as Direkteur van Openbare Vervolging begin vandag
# En rugby: Die Bokke se Vrouesewesrugbyspan het hul Afrika-titel suksesvol verdedig
# ActionSA sê die G20-presidentskap kon Suid-Afrika se oomblik van bevryding wees, maar het ‘n simbool geword van hoe min verander het. Die land maak gereed om leiers te ontvang by die G20-leiersberaad wat die naweek in Johannesburg plaasvind. ActionSA sê die land se G20-presidentskap het slagspreuke van solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid, maar die samelewing dra steeds die letsels van ongelykheid, werkloosheid, gebrek aan geleenthede en toenemende ontevredenheid. Hy sê president Cyril Ramaphosa het die geleentheid gehad om ʼn hernuwing te lei, maar het misluk.
# Die Nkabinde-ondersoek na die geskiktheid van die direkteur van die Suid-Gautengse Nasionale Vervolgingsgesag, advokaat Andrew Chauke, as Direkteur van Openbare Vervolging begin vandag in Pretoria. President Cyril Ramaphosa het in September vanjaar die afgetrede regter, Baaitse Elizabeth Nkabinde, as voorsitter van die ondersoek aangestel. Die woordvoerder, Tiyisela Mpuzana, sê die ondersoek sal begin met die openingstoespraak deur die getuienis-hoofleier:
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die departement ondersteun Women 20 se oproep om geweld teen vroue en meisies as ‘n openbare gesondheidsnoodgeval te hanteer en stem saam dat dit so behandel moet word. Simelane sê die beweging doen ‘n sterk beroep op die G20-leiers om op te tree in gebiede soos belegging in die beskerming, sorg, ondersteuning en genesingstelsels en -dienste vir vroue en kinders wat geweld oorleef het. Die minister sê ‘n beduidende toename in befondsing vir veilige skuilings is nodig.
# SANCO in die Wes-Kaap veroordeel die Wes-Kaapse premier Alan Winde omdat hy die Wes-Kaapse Polisie-ombudsman se verslag, wat waarsku teen misdadige netwerke wat die SAPD infiltreer, sedert November 2022 weggesteek het. SANCO se woordvoerder, Buntu Gwija, sê byna dertig moorde binne 72-uur slegs in Kaapstad weerspieël ‘n provinsie waar vrees ‘n vaste instelling is:
# President Volodymyr Zelensky van Oekraïne is besig om die land se energiesektor reg te ruk na ʼn korrupsieskandaal. ʼn Ondersoek het ʼn skema onthul waar teenstanders van Energoatom, die land se kernmaatskappy, gedwing is om omkoopgeld te betaal om te keer dat betalings geblokkeer of hul voorsiener-status verloor word. Zelensky het sy regering opdrag gegee om ʼn wetsontwerp in die Parlement voor te lê om die nasionale reguleringskommissie vir energie en nutsdienste se samestelling te wysig. Hy het ook gesê ʼn nuwe hoof moet by Ukrhydroenergo, ʼn maatskappy wat hidro-elektrisiteit opwek, aangestel word.
# Rugby: Die Springbok-vrouesewespan het hul Afrika-vrouetitel suksesvol verdedig met ʼn kliniese vertoning in die eindstryd in Nairobi, waar hulle die gasvroue van Kenia met 22-0 geklop het. Suid-Afrika het Ghana met 48-0 oortuigend verslaan in die kwarteindronde en Madagaskar met 29-0 in die halfeindronde om die bepalende wedstryd te haal. Die waarnemende hoofafrigter, Cecil Afrika, sê die fokus verskuif nou na die Uitdager 3-toernooi in Januarie in Dubai:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-7-sent teen die dollar, 19-rand-82-sent teen die euro en 22-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 95-duisend-50-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-101-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….