Nuus 07:00
BULLETIN 20 Januarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Build One SA kritiseer die matriekuitslae en vra vir ‘n opknapping van die onderwys-stelsel
# Frankryk verbied tydelik visvang in die Baai van Biskaje om dolfyne te beskerm
# En, krieket: Suid-Afrika begin die Onder-19-Wêreldbeker moet goeie oorwinning
# Build One South Africa vra daar moet krities gekyk word na die matriekslaagsyfer van 82,9-persent. Die party vra vir dringende hervormings en versoek president Cyril Ramaphosa om die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, te vervang met sy hutsmerk-AngieMustGo-veldtog. Hulle beplan om ‘n omvattende onderwys-reddingsplan te onthul om tekortkominge in die stelsel te pak. BOSA se leier, Mmusi Maimane, bepleit veranderings soos ‘n verhoogde slaagsyfer en ‘n onpartydige onderwysombud:
# Eskom se nuut-aangestelde uitvoerende hoof, Dan Marokane, sal op die eerste Maart in die pos begin, vroeër as wat aanvanklik verwag is. Sy aanstelling is verlede maand aangekondig, na André de Ruyter vroeër verlede jaar bedank het. Eskom se raadsvoorsitter, Mteto Nyati, glo Marokane se praktiese leierskapstyl is deurslaggewend vir die huidige uitdagings waarmee die kragvoorsiener worstel. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, sal voortgaan in sy rol as Eskom se finansiële hoof nadat Marokane sy pos aanvaar het:
# Frankryk het ‘n tydelike verbod op bykans alle kommersiële visvang in die Baai van Biskaje ingestel om dolfyne te beskerm. Ongeveer nege-duisend van die diere word jaarliks per ongeluk in visvangtoerusting vasgevang. Die verbod, wat van Maandag tot 20 Februarie van krag is, het ‘n uitwerking op visvanggebiede langs die Atlantiese kus. Plaaslike vissers het die stap as absurd gekritiseer en finansiële kommer uitgespreek, maar die regering verseker daar sal vergoeding wees. Die maatreël het ten doel om die talle dolfynvrektes te bekamp wat aan visvangverwante voorvalle in die gebied toegeskryf word.
# Krieket: Ná dae se omstredenheid oor die verwydering van die David Teeger as kaptein van die Suid-Afrikaanse Onder-19-span, na sy pro-Israeliese uitlatings, het die jong Proteas hulle openingswedstryd by die Wêreldbekertoernooi teen Wes-Indië met 31 lopies gewen. Suid-Afrika het 285 vir vyf in Potchefstroom aangeteken. met Dewan Marais, die kaptein Juan James en Teeger wat die meeste lopies opgestapel het. Kwena Maphaka het in die Windies se 50 boulbeurte vyf paaltjies laat spat. En in Bloemfontein het Ierland ook goed begin met ‘n oorwinning van sewe paaltjies oor die VSA.
# En om mee af te sluit: Adjunkpresident Paul Mashatile sal prins Edward van Brittanje vanaf Dinsdag in Pretoria ontvang. Besprekings sal tydens die driedaagse besoek fokus op bilaterale aangeleenthede tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. Edward sal ook ontmoetings hê met die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, asook die minister van Hoёr Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande. Hy sal gesprekke voer met ontvangers van die Presidents-toekennings, die internasionale verlenging van die Hertog van Edinburgh-toekennings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….