Nuus 07:00
BULLETIN 7 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gwarube vind oplossings vir die vertragings in toelaagbetalings aan Onderwysassistente
# Die voormalige Transnet-hoof Brian Molefe gaan in die Hooggeregshof verskyn
# En tennis: Zverev is by die Sjanghai Meesters uitgeskakel, wat Djokovic as die hoogste gekeurde speler laat
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het kommer uitgespreek oor die vertragings in toelaagbetalings aan Onderwysassistente wat deur die Basiese Onderwys-indiensnemingsinisiatief in diens geneem is. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het minister Gwarube se departement blameer vir die vertraagde betalings vir September en gesê nie al die vereiste dokumente, insluitend bywoningsregisters, is betyds ingedien nie. Die woordvoerder van die Departement van Basiese Onderwys, Terence Khala, sê minister Gwarube sal ‘n hoëvlakvergadering met alle belangrike belanghebbendes belê om die saak dringend aan te spreek:
# Die voormalige uitvoerendfe hoof van Transnet, Brian Molefe, sal na verwagting in die Hooggeregshof verskyn in ‘n korrupsiesaak van miljoene rande wat verbind word met onreëlmatige lokomotiefkontrakte. Die Palm Ridge Gespesialiseerde Handelshof in Gauteng het die saak tot 18 November uitgestel vir die indiening van ‘n aanklag. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê Molefe, asook ander voormalige senior amptenare, Anoj Singh, Siyabonga Gama, en Thamsanqa Jiyane, staan tereg op 17 klagtes, insluitend bedrog en korrupsie:
# Die Mededingingstribunaal het die staal- en draadprodukte-maatskappy Cape Gate skuldig bevind aan prysvasstelling van skrootmetaal, ‘n oortreding van die Mededingingswet. Skrootmetaal, ‘n noodsaaklike element vir staalproduksie, was die middelpunt van ‘n koperskartel waarby Cape Gate, ArcelorMittal Suid-Afrika, Columbus Stainless en Scaw Suid-Afrika betrokke was. ArcelorMittal Suid-Afrika en Columbus het tot ‘n skikking gekom, en Scaw het vif toegeeflikheid gevra, maar Cape Gate het die oortreding ontken. Die tribunaal het sy verweer van die hand gewys, met regstellings wat sal volg.
# Die DA in Gauteng is bekommerd dat die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg steeds nie ten volle voldoen aan brandvoorkomingsmaatreëls nie. ‘n Brand het gistermiddag in saal 196 op die negende vloer uitgebreek, maar geen sterftes of beserings is aangemeld nie. Die brand is na wat berig word deur ‘n ontevrede pasiënt begin wat ‘n bed in ‘n vertrek aan die brand gesteek het. Jack Bloom van die DA sê hulle sal voortgaan om aan te dring op voldoende brandvoorkoming en -bestryding in all openbare hospitale:
# Die Amerikaanse Hooggeregshof het geweier om ‘n appèl van Jeffrey Epstein se medewerker, Ghislaine Maxwell, teen haar skuldigbevinding aan sekshandel aan te hoor. Sy is in 2022 tot 20 jaar in ‘n federale tronk gevonnis vir die uitvoering van ‘n jare lange skema met Epstein om minderjarige meisies voor te berei en seksueel te misbruik. Epstein is in 2019 in die tronk oorlede. Maxwell se hoofbetoog was dat sy beskerm word deur ‘n nie-vervolgingsooreenkoms van 2008 wat tussen Epstein en Florida-aanklaers gesluit is wat ook medepligtiges insluit. Die 63-jarige het nou presidensiële kwytskelding as haar enigste oorblywende opsie vir vroeë vrylating.
# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Alexander Zverev, het in skoon stelle teen die Fransman Arthur Rinderknech verloor op die Sjanghaise Meesterstoernooi, wat Novak Djokovic as hoogs-gekeurde oorlaat. Die wêreld-nommer-54 het in snikhete toestande teruggeveg nadat hy die eerste stel verloor het en die duidelik ongemaklike Zverev tot oorgawe gedwing. Die toernooi het Sondag die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, verloor weens erge krampe, en ook die wêreld-nommer-vier, Taylor Fritz, wat uitgeskakel is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-18-sent teen die dollar, 20-rand-11-sent teen die euro en 23-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 124-duisend-625-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-958-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….