Nuus 07:00
BULLETIN 6 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Internasionale Betrekkinge sê die terugkeer van die aangehoudenes in Israel vorder
# ‘n Meningspeiling toon dat kiesers die Republikeine blameer vir die regeringsluiting
# En gholf: Richard Sterne eindig derde by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê ‘n spesialisspan het met ‘n groep Suid-Afrikaanse aktiviste vergader wat by die Negev Israelse gevangenis aangehou word. Die groep, insluitend Mandla Mandela, was aan boord van hulpskepe op pad na Gaza wat deel gevorm het van die Global Sumud Flotilla, toe hulle verlede Woensdag deur Israelse magte aangehou is. Israel beweer dat die flottielje ‘n wettige vlootblokkade oortree het. DIRCO se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die flottielje, ‘n burgerlik-geleide inisiatief, was op ‘n vreedsame en humanitêre sending:
# Die ANC se nasionale uitvoerende komitee is besig met ‘n ambisieuse ekonomiese aksieplan wat daarop gemik is om Suid-Afrika se ekonomie te verbeter. Die voorsitter van die subkomitee vir ekonomiese transformasie, Zuko Godlimpi, sê die plan, wat deur ANC-president Cyril Ramaphosa uiteengesit sal word, is van kritieke belang vir ekonomiese groei. Hy sê ‘n bloudruk bestaan reeds, en die omkering van Eskom is ‘n voorbeeld van hoe strategiese ingryping tasbare resultate kan lewer:
# Die Departement van Indiensneming en Arbeid het bewerings verwerp dat hy versuim het om betalings vir Onderwysassistente en Algemene Onderwysassistente ingevolge die Basiese Onderwyswerkinisiatief Fase Vyf te verwerk. Die departement dra meer as vier-miljard-rand in befondsing by tot die Presidensiële Jeugwerkinisiatief, wat dié program ondersteun. Minister Nomakhosazana Meth sê betalings vir September kon nie verwerk word nie omdat die Departement van Basiese Onderwys nie al die vereiste dokumente betyds ingedien het nie. Sy voeg by dat die vrystelling van die fondse sonder behoorlike proses goeie bestuur sal ondermyn.
# ‘n DA-afvaardiging sal ‘n toesigbesoek by die Weilers Farm-kliniek in Kanana Park, suid van Johannesburg vandag, aflê na aanleiding van berigte dat 190 kinders onder vyf verlede jaar vir ernstige wanvoeding behandel is. DA-verteenwoordigers, insluitend Jack Bloom, sal ondersoek instel na die redes vir die mislukking van die vroeë ingryping, waarom kinders nie toegang tot maatskaplike toelaes of voedselbanke kry nie, en watter maatreëls verdere wanvoeding in die gebied kan voorkom.
# ‘n CBS News/YouGov-peiling het bevind dat 39-persent van Amerikaners vir president Donald Trump en Republikeine in die Kongres die meeste blameer vir die federale regering se afsluiting. Die dooiepunt gaan hoofsaaklik oor verbeterde Obamacare-subsidies, wat Demokrate sê nou aangespreek moet word, maar die Republikeine voer aan die debat moet wag tot aan die einde van die jaar. Volgens die peiling glo 40-persent van Demokrate en 45-persent van Republikeine dat die partye se standpunte nie ‘n sluiting werd is nie. Nege-en-veertig-persent van Amerikaners is bekommerd oor die uitwerking van die regering se sluiting op die ekonomie.
# Gholf: Robert MacIntyre van Skotland het ‘n ses-onder 66 aangeteken om ‘n oorwinning met vier houe by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in gure weer te behaal. Die derde ronde is Saterdag weens stormagtige weer uitgestel en die toernooi is tot 54 putjies beperk. MacIntyre het op 18 onder baansyfer geëindig om sy vierde DP World Tour-titel in te palm. Tyrell Hatton van Engeland het op 14-onder klaar gemaak, terwyl Richard Sterne van Suid-Afrika en die Engelsman John Parry saam derde was met een hou meer. MacIntyre sê die toestande was baie erg:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-23-sent teen die dollar, 20-rand-20-sent teen die euro en 23-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 123-duisend-949-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-911-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….