Nuus 07:00
BULLETIN 12 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê die Wysigingswetsontwerp op Immigrasie sal skuiwergate toemaak
# Donald Trump gaan die Presidensiële Vryheidsmedalje aan Charlie Kirk toeken
# En krieket: Die Proteas se T20-stryd teen Engeland skuif na Old Trafford
# Die DA verwelkom die Nasionale Vergadering se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op Immigrasie en sê dit versterk afdwinging terwyl dit regte beskerm. Die wetsontwerp sit duidelike reëls uiteen vir aanhouding, landdros-toesig en kinderbeskerming om regverdigheid en aanspreeklikheid te verseker. Adrian Roos van die DA sê die land se immigrasiestelsel is jare lank bedryf met skuiwergate wat landsburgers en kwesbare migrante in gevaar gestel:
Die EFF sê intussen hy ondersteun die Wysigingswetsontwerp omdat alle mense se regte beskerm moet word, ongeag hul immigrasiestatus. Die Wetsontwerp wat onder meer sal verseker dat buitelanders wat aangehou word betyds geregtelike hersiening en regsbeskerming ontvang, is gister in die Nasionale Vergadering bekragtig. Suzan Thembekwayo van die EFF sê die regering het versuim om grense te beskerm, die Grensbestuursowerheid voldoende te befonds en onwettige migrante teen werkgewers se uitbuiting te beskerm:
# Die Departement van Vervoer het bevestig dat hy vandag wette in die Staatskoerant sal publiseer vir die regulering van e-taxi-dienste. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die Wysigingswet op Nasionale Padverkeer stel amptelike e-taxi-lisensies, voertuighandelsmerke, misdaadkontroles en verpligte paniekknoppies in. Bestuurders moet ook toepaslike bestuurspermitte hê. Oortredings kan lei tot boetes van tot 100-duisend-rand of twee jaar tronkstraf. Hy sê die versnelde wette is daarop gemik om gewelddadige botsings tussen taxi’s en e-taxi-operateurs te vermy.
# President Cyril Ramaphosa lei vandag ‘n vergadering tussen die nasionale uitvoerende gesag en Noordwes se provinsiale uitvoerende gesag. Die tema is: ʼn Nasie wat vir almal werk. Dis deel van ʼn reeks vergaderings tussen die president en provinsies wat daarop gemik is om koördinering binne die regering, en dienslewering te bevorder. Die Presidensie sê verskeie benaderings tot diensleweringskwessies sal bespreek word, insluitend ingryping om dienslewering op plaaslike regeringsvlak te verbeter.
# President Donald Trump van Amerika het bevestig die konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk, sal nadoods met die Presidensiële Vryheidsmedalje vereer word. Dis die hoogste burgerlike eer wat die president kan toeken. Kirk, ʼn Trump-ondersteuner, is Woensdag doodgeskiet terwyl hy by die Utah Valley University studente toegespreek het. Dit was die eerste geleentheid van sy America Comeback Tour, waar hy na universiteite sou reis om met studente te praat. Trump sê die vermoorde aktivis sal tydens ʼn groot seremonie vereer word:
# Krieket: Die T20-reeks tussen Engeland en Suid-Afrika verskuif vandag na Old Trafford in Manchester nadat die Proteas Woensdag die reën-ontwrigte eerste wedstryd in Cardiff, Wallis, gewen het. Die wedstryd is na nege boulbeurte per span verkort ná ‘n vertraging van twee-uur. Suid-Afrika het 97 vir vyf bereik na sewe boulbeurte en vyf balle toe dit weer begin reën het. Engeland moes 69-lopies in vyf boulbeurte bereik na ‘n Duckworth-Lewis-Stern-aanpassing en kon slegs 54 vir vyf haal. Die laaste T20 word Sondag op Trent Bridge in Nottingham gespeel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-35-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-54-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-827-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-642-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-84-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….