Nuus 07:00
BULLETIN 11 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema kritiseer die parlementêre ad hoc-komitee omdat hy weier om Mkhwanazi te dagvaar
# Die Nasionale Vervolgingsgesag heropen die 48 jaar oue geregtelike doodsondersoek na Steve Biko se dood
# En atletiek: Bayanda Walaza onttrek aan die Wêreldkampioenskap weens ’n besering
# Die EFF-leier Julius Malema eis dat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, onmiddellik gedagvaar word om voor die parlementêre ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, te verskyn. Die komitee oorweeg om sy opdrag te verander wat hom sal toelaat om bewyse van ander getuies te kry voor dié van Mkhwanazi, wat die eerste getuie op die lys is. Hy sal na verwagting volgende week voor die Madlanga-kommissie verskyn. Malema sê die Parlement kan nie ondergeskik wees aan die kommissie nie:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko in 1977, sal Vrydag heropen word. Biko is dood in polisie-aanhouding in Pretoria ná beweerde marteling. Die NVG se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, sê die geregtelike doodsondersoek, ondersteun deur die Ministerie van Justisie, is daarop gemik om vorige ongeregtighede aan te spreek en afsluiting aan die Biko-familie en die nasie te bied:
# Die nasionale enegiereguleerder het ‘n personeellid geskors oor die 54-mijard-rand fout in die Eskom tariefbepaling. Volgens News24 sal Nersa ‘n gedeelte van die tekort verhaal deur ‘n tariefverhoging van 8,8-persent oor twee jaar, wat 35-miljard-rand sal herwin, met die oorblywende 19-miljard-rand wat later herwin sal word. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die elektrisiteitprysstelsel sal hersien word om dit eenvoudiger en duideliker te maak sodat verbruikers dit beter kan verstaan.
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, het gemeenskappe wat deur watertekorte geraak word, verskoning gevra en gesê die metro doen alles binne sy vermoë om die stelsel te herstel. Gemeenskappe in Westbury, Ebony Park, Tsakane en Vlakfontein het die strate ingevaar om betroubare watervoorsiening te eis en sommige betogings het in geweld ontaard. In Westbury het die polisie met rubberkoeëls op inwoners geskiet en minstens een persoon is beseer. Morero sê die waterstelsel sal tyd neem om te herstel:
# Die Russiese ministerie van Buitelandse Sake sê sy hommeltuie het ‘n groot aanval op militêre fasiliteite in die weste van Oekraïne uitgevoer, maar het nie beplan om enige teikens in Pole te tref nie. Minstens 19 Russiese hommeltuie het Dinsdagaand Warskou se lugruim binnegedring tydens aanvalle in westelike Oekraïne. Dis die eerste keer dat Russiese hommeltuie in ʼn Navo-land se gebied afgeskiet word. Moskou sê Pole versprei mites oor die hommeltuig-inval om die Oekraïnse krisis verder te vererger.
# Atletiek: Suid-Afrika se naelloopsensasie, Bayanda Walaza, moes aan die Wêreld-atletiekkampioenskap onttrek wat die naweek in Tokio begin. Die 19-jarige atleet het verlede maand by die Diamantliga-finaal in Zürich sy dyspier beseer. Atletiek Suid-Afrika sê die besluit om Walaza te onttrek is in die beste belang van die atleet en die nasionale span se integriteit. Hy sal in die mans se 100-meter-item vervang word deur Retshidisitswe Mlenga. Walaza sou ook aan die vier-by-100-meter aflos deelneem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-48-sent teen die dollar, 20-rand-45-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 114-duisend-8-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-646-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….