Nuus 07:00
BULLETIN 28 Juniw 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sal vandag sy volgende stappe in die regering van nasionale eenheid uiteensit
# Die Nasionale Seereddingsinstituut waarsku oor swak kusweerstoestande
# En rugby: Rassie besef dit gaan ‘n moeilike seisoen vir die Bokke wees
# Die DA gaan vandag die volgende stappe in die regering van nasionale eenheid uiteensit met president Cyril Ramaphosa se 48-uur-ultimatum wat tot ‘n einde kom. Dit volg nadat die voormalige adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging Andrew Whitfield afgedank is. Ramaphosa sê hy nie sal nie swig voor dreigemente oor sy mag om ministers aan te stel of af te dank nie. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê ministers wat betrek word by ongerymdhede en korrupsie moet uit die kabinet verwyder word:
# Rise Mzansi sê beter ondersteuning vir entrepreneurs en kleinbesighede is die sleutel tot ekonomiese groei en werkskepping. Makashule Gana van die party het tydens die parlemenêre debat oor die begroting van die Departement van Kleinsakeontwikkeling, die regering aangemoedig om nie net finansiële ondersteuning nie, maar werklike hulp soos infrastruktuur, toegang tot markte, mentorskap en langtermynbefondsing te voorsien. Gana vra vir beleide en begrotings wat sal bydra tot ‘n voorspoedige en verenigde Suid-Afrika vir al sy inwoners:
# Die DA sê ingryping deur die Wes-Kaapse regering is nou die enigste manier om Knysna van ‘n verdere krisis te red. Die party verwelkom die besluit om die munisipaliteit onder administrasie te plaas en gee voortdurende diensleweringsmislukkings die skuld, in ‘n koalisie tussen die ANC, EFF, Patriotic Alliance en die Knysna Independent Movement. Die DA-lid, Ryan Smith, sê ten spyte van herhaaldelike steun en omkeerplanne, het die plaaslike regering versuim om op te tree:
# Die Nasionale Seereddingsinstituut vra kusgemeenskappe en seevaarders om versigtig te wees te midde van rowwe seetoestande en sterk wind wat die suide van die Wes-Kaap die naweek gaan tref. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen golwe van tot ses meter en gevaarlike toestande wat na die Suid-Kaap en Ooskus sal versprei. Die instituut se woordvoerder, Craig Lambinon, sê verskeie reddingsoperasies is hierdie week uitgevoer maar geen ernstige beserings is tot dusver aangemeld nie:
# Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n groot oorwinning in die land se Hooggeregshof behaal toe die mag van federale regters beperk is om uitvoerende optrede te blokkeer. Die hof sê landswye verbiedings deur distrikshofregters, oorskry die gesag wat die Kongres aan federale howe verleen het. Die hof het nie dadelik uitspraak gelewer oor die grondwetlikheid van Trump se bevel om nie outomatiese burgerskap te gee vir alle Amerikaansgebore kinders te gee nie. Maar die oorkoepelende besluit verwyder ’n struikelblok vir Trump se gereelde hoogsomstrede bevele en herbevestig die Withuis se gesag.
# En rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus besef hierdie seisoen gaan ‘n moeilike een wees. Dit begin vanmiddag met die wedstryd teen die Barbarians in Kaapstad, gevolg deur minstens nog 13 toetse voor die einde van die jaar. Erasmus sê sy twee hoofdoelwitte is om soveel wedstryde as moontlik te wen voor die loting vir 2027 se Wêreldbekertoernooi in Desember gedoen word, en om die diepte in die span uit te bou. Hy wil uiteindelik hê minstens drie spelers moet in elke posisie meeding vir die volgende Wêreldbekertoernooi in Australië.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….