Nuus 07:00
BULLETIN 12 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê die aanvaarding van die fiskale raamwerk moet gevolg word deur dapper hervormings
# Donald Trump ondersteun die VSA-China-handelsooreenkoms
# En rugby: Die Bok-vroue behaal hul tweede agtereenvolgende oorwinning in die Afrika-vrouebeker
# Die DA sê die aanvaarding van die 2025 fiskale raamwerk en inkomstevoorstelle skep geleentheid vir ware ekonomiese hervorming wat die regering verklein, en werk en groei skep. Altesaam 268 parlementslede het ten gunste van die aanvaarding gestem, 88 daarteen en twee het buite stemming gebly. Mark Burke van die DA sê hulle sal voortgaan om te veg vir ekonomiese hervormings wat hawens herstel, beurtkrag takel en verkwistende besteding beëindig:
Die EFF sê intussen hy verwerp die verslag en voorstelle as ‘n projek wat Suid-Afrikaners onderwerp aan ʼn groot belastinglas, danksy die ANC. Die EFF se tesourier-generaal, Omphile Maotwe, sê die raamwerk wat deur ‘n oortreding van prosedures aanvaar is, bied geen plan vir werkskepping, geen stimulus en geen reddingsboei vir sukkelende munisipaliteite nie:
# SASSA het erkenning gegee aan die Universal Basic Income Coalition se bekommernisse oor die kontrolering van toelaes. SASSA sê hierdie prosesse is in ooreenstemming met wetlike voorskrifte en gemik op die voorkoming van bedrog, veral in gevalle waar begunstigdes nie veranderings in inkomste verklaar nie. Nagenoeg 58-duisend uitbetalings is vertraag maar nie opgeskort nie en word nou hersien. SASSA vra begunstigdes wat hierdeur geraak word om hulle kontakbesonderhede by te werk en het bevestig dat geen uitbetalings gekanselleer sal word sonder die nodige kennisgewing of die geleentheid om te appelleer nie.
# Die metaalwerkersvakbond NUMSA eis vergoeding vir gemeenskappe wat verwoes is deur vloede in die Oos-Kaap. Minstens 40 mense is dood en tientalle ander ontwortel. Die vakbond verwelkom hulp met voedsel en skuiling, maar sê nog meer moet gedoen word om mense hul lewens te help herbou. Numsa se woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê die werkersklas dra die las van klimaatsverandering. Hy gee multinasionale korporasies die skuld omdat hulle wins bo die omgewing stel:
# President Donald Trump van Amerika het na twee dae se samesprekings in Londen ʼn handelsooreenkoms tussen Amerika en China aanvaar. Dit herstel ʼn ooreenkoms wat verlede maand in Genève bereik is, maar misluk het oor geskille oor Chinese skaars aardmineraal-uitvoere en Amerikaanse uitvoerbeheer. Trump het op Truth Social gesê die ooreenkoms sou Amerika in staat stel om magnete en skaars aardminerale van China in te voer terwyl Chinese studente hul plek by Amerikaanse kolleges kan inneem. Hy sê hy en president Xi Jinping sal die finale besluit neem.
# Rugby: Die Springbok-vroue het Kenia met 19-12 verslaan en hul tweede agtereenvolgende oorwinning by die Rugby Afrika-vrouebeker in Madagaskar. Die verdedigende kampioene wat Uganda met 62-7 verpletter het in hul eerste wedstryd, het drie drieë gedruk en twee verdoel. Suid-Afrika se laaste wedstryd van die toernooi is Sondag teen die gasvrou-nasie, Madagaskar. Die Bok-vroue se hulpafrigter, Franzel September, sê hulle het by hulle spelplan gebly:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 24-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-386-dollar-10-sent. Die prys van goud is drie-duisend-374-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….