Nuus 07:00
BULLETIN 19 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile is vol vertroue gesprekke oor die BTW-verhogings sal ‘n positiewe oplossing bied
# Die burgemeester van Polokwane sê voorrang word gegee aan die veiligheid van pelgrims by Moria
# En Rugby: Mapimpi se op-die-nippertjie drie besorg oorwinning vir Haaie teen Edinburgh in die VRK
# Adjunkpresident Paul Mashatile het ‘n beroep op die kerk gedoen om te bid vir die land se leiers. Mashatile het tydens die Goeie Vrydag-diens van die Assemblies of God-kerk in Thaba Nchu in die Vrystaat die gemeente toegespreek. Gesprekke is aan die gang om oplossings te vind vir die voorgestelde 0,5-persent verhoging in die belasting op toegevoegde waarde, wat op die eerste Mei in weking sal tree. Mashatile sê die partye sal volgende week vergader, en hy is vol vertroue dat ‘n positiewe oplossing gevind sal word.
Intussen sê die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, die voorgestelde BTW-verhoging van ‘n halwe persentasiepunt is steeds omstrede in die Parlement. Dit volg ná ‘n debat in die Kabinet oor die implementering of skrapping van die beoogde BTW-verhoging. Dit vorm deel van die regering se plan om BTW oor twee jaar van 15- tot 16-persent te verhoog. Maimane waarsku as die verhoging op 1 Mei voortgaan, sal dit ‘n swaar las op reeds sukkelende Suid-Afrikaners plaas:
# Die burgemeester van Polokwane, John Mpe, sê veiligheidsmaatreëls is verskerp om die skare by die pelgrimstog op Moria te verseker. Duisende lede van die Zion Christian Church het op Moria toegesak vir die eerste volledige pelgrimstog sedert die Covid-19-pandemie. Beperkings is weens die pandemie op massa-geleenthede geplaas en die jaarlikse pelgrimstog is gestaak. Meer as 500 Putco-busse het Vrydag die skare vervoer. Mpe sê die veiligheid van pelgrims en lede van die publiek rondom die gebied sal voorrang geniet:
# Die Katar-emir, Sheikh Tamim bin Hamad Al-Thani, sê Israel het nie Januarie se wapenstilstand-ooreenkoms in Gaza nagekom nie. Hy het met Russiese president, Vladimir Putin, in Moskou vergader. ’n Wapenstilstand in Gaza tussen Israel en Hamas wat deur Katar saam met Egipte en die Verenigde State bemiddel is, het op 19 Januarie in werking getree. Die eerste fase van die wapenstilstand het vroeg in Maart geëindig, met die twee partye wat nie kon ooreenkom oor die volgende stappe nie. Israel het op 18 Maart lug- en grondaanvalle hervat.
# En Rugby: Makazole Mapimpi het in die 81ste minuut ‘n drie gedruk en gesorg dat die Haaie ‘n 18-17 oorwinning teen Edinburgh behaal in hul 15de-ronde Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd in die Skotse hoofstad. Die tuisspan, wat met drie drieë teen twee voorgeloop het, was op koers vir ‘n vierde agtereenvolgende tuisoorwinning toe die Durbanse span in die doodsnikke van die wedstryd verstom het. Die uitslag verbeter die Haaie se vooruitsigte om ‘n tuisvoordeel in die uitspeelwedstryde te verseker, terwyl Edinburgh in die agtste plek bly voor die naweek se wedstryde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….