Nuus 07:00
BULLETIN 12 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Rise Mzansi ontmoet die ANC om onenigheid oor die begroting te bespreek en RNE reëls te versterk
# AfriForum gee die regering skuld vir die mensgemaakte vloedkrisis by die Bloemhofdam
# En tennis, Alcaraz veg terug vir ’n plek in die halfeindronde in Monte Carlo
# Rise Mzansi het met die ANC vergader om die begroting te bespreek en ’n beroep vir sterker reëls in die regering van nasionale eenheid te implementeer. Die party sê die fiskale raamwerk weerspieël jare van swak leierskap en het gewaarsku dat ’n herhaling nie volgende jaar aanvaar sal word nie. Makashule Gana van Rise Mzansi het ’n beroep gedoen op duideliker reëls vir die RNE en al die vennote aangemoedig om met respek saam te werk. Hy het ook gevra dat ministers as een regering optree, en nie volgens partypolitieke lyne nie:
# ’n Ma van Dunnottar in Nigel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar, nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar skuldig bevind het aan die moord op haar 16-jarige seun en ’n poging tot moord op haar sewejarige dogter. In Junie 2022 het die vrou rottegif in haar kinders se kos gesit , nadat sy finansiële en gesondheidsprobleme ondervind het. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die hof het tydens vonnisoplegging haar berou, geestesgesondheid en die manier wat sy haar oorlewende kind versorg, in ag geneem:
# AfriForum sê swak beplanning en die misbruik van die Bloemhofdam as ‘n opgaardam in plaas van ‘n vloedbeheerdam het ‘n mensgemaakte ramp veroorsaak. AfriForum se rampbestuurspesialis, Tarien Cooks, sê die gedwonge oopmaak van sluishekke tydens hoë watervlakke stel gemeenskappe en infrastruktuur in gevaar. Cooks beskuldig die Departement van Water en Sanitasie vir die versuim om meer reservoirs te bou. Sy het bevestig AfriForum het ‘n noodfonds van stapel gestuur as ondersteuning van gemeenskappe wat geraak word.
# Amerikaanse verbruikersentiment het in April skerp gedaal terwyl inflasieverwagting tot sy hoogste vlak sedert 1981 geklim het. Dit kom te midde van ‘n eskalerende handelsoorlog en vrese oor ʼn resessie. Volgens die Universiteit van Michigan se Verbruikersopname het vertroue tot die laagste in drie jaar gedaal en kom voor onder mense van alle ouderdomme, inkomste, opvoeding, geografiese gebied en politieke affiliasie. China het Woensdag aangekondig hy verhoog sy tariewe op Amerikaanse goedere van 84- tot 125-persent.
# En Tennis: Carlos Alcaraz het teruggeveg nadat hy ’n stel agter geloop het om Franse opkomende ster Arthur Fils te verslaan in ’n spanningsvolle Monte Carlo Meesters-kwarteindstryd gister. Met sy oog op sy eerste meesterstitel sedert hy die Indian Wells verlede jaar gewen het, het die viermalige grand slam kampioen drie breekpunte in die 11de pot van die tweede stel afgeweer op pad na ’n dramatiese 4-6, 7-5, 6-3 oorwinning. Hy kom vandag teen die ongekeurde mede-Spanjaard Alejandro Davidovich Fokina te staan vir ‘n plek in die eindstryd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….