Nuus 07:00
BULLETIN 29 Maart 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum neem ‘Kill the Boer’ na wêreldhowe
# Macron sê Israel se lugaanval op Libanon is ‘n skending van die wapenstilstand
# En, Rugby: Ulster pootjie Stormers op pad na die VRK-uitspeelronde
# AfriForum het sy regspan opdrag gegee om die “Kill the Boer”-slagspreuk op internasionale vlak uit te daag nadat die Konstitusionele Hof sy appèl verwerp het. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die stap is nodig weens die gebrek aan plaaslike beskerming van Afrikaners se regte. Kriel sê die groep oorweeg regstappe en internasionale voorspraak by verskeie howe en platforms, en noem wêreldwye kommer as motivering. Hy beklemtoon AfriForum se bereidwilligheid om pogings tot gemeenskapsveiligheid te versterk te midde van voortdurende spanning:
# Die Padvragvereniging moedig maatskappye aan om derdeparty-spoorbedrywighede te ondersoek en in gesprek te tree met die Departement van Vervoer na die vrystelling van die Netwerkverklaring. Uitvoerende hoof, Gavin Kelly, beklemtoon geleenthede vir padvragmaatskappye en die behoefte vir ‘n betroubare logistieke grondslag. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy bevestig dat die Privaat Sektor Deelname-eenheid deur die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika gehuisves sal word. Kelly sê die “Navrae vir Inligting” is ‘n merkwaardige stap om privaat sektor-belegging in spoorweë en hawens te bekom.
# Die Franse president, Emmanuel Macron, het die Israeli-lugaanval op Libanon “onaanvaarbaar” genoem en sê dit was ‘n “skending van die wapenstilstand” wat in November ooreengekom is. Macron het na ‘n vergadering met die nuwe Libanese president, Joseph Aoun, aan joernaliste gesê sulke aanvalle speel in die hande van Hezbollah. Israel het sy dreigement om ‘n lugaanval op Beirut uit te oefen, nagekom nadat missiele na sy gebied afgevuur is. Die reeds brose wapenstilstand in Libanon is alweer in die gedrang nadat vyandighede met Hezbollah vir meer as ‘n jaar beëindig is.
Rugby: Ulster het die Stormers gepootjie onderweg na die uitspeelronde van vanjaar se Verenigde Rugby-kampioenskap toe hulle die Kapenaars in Belfast met 38-34 geklop het. Die Stormers het in die tweede helfte met 14 man alles in die stryd gewerp nadat hul kaptein, Neethling Fouche, ‘n rooi kaart ontvang het vir ‘n gevaarlike duikslag. Die rustydtelling was 17-elk. Die Bulle – wat tans derde lê – speel vanmiddag teen Zebre, en die Haaie – tans vierde – pak die voorlopers, Leinster, vanaand.
# En ten slotte: Suid-Afrika se Three Ships Whisky Bourbon Cask is gekroon as die wêreld se beste gemengde whisky by die 2025 World Whiskies Awards in Londen. Die Wellington-gebaseerde distilleerdery het mededingers van Skotland, Japan en die VSA verslaan. Wallies Uys van Heineken Beverages sê Suid-Afrika se warmer klimaat versnel die fermenteringsproses, wat die geur verryk en ‘n sagter whisky tot gevolg het:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….