Nuus 07:00
BULLETIN 22 Maart 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Mashatile sê Suid-Afrika sal nie sy eie beleid veronagsaam weens eksterne druk nie
# Teenterreur-polisie lei die ondersoek na die sluiting van Heathrow
# En sokker: Bafana klop Lesotho 2-0 en is boaan Afrika se kwalifiseringsgroep C vir die Wêreldbekertoernooi
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika sal nie sy eie beleid veronagsaam weens eksterne druk nie. Hy het ‘n Menseregtedagviering in Kariega in die Oos-Kaap toegespreek. Mashatile onderneem die land sal hom hou by sy eie beleid gemik op die herstel van geskiedkundige ongeregtighede, en sê die regering glo hy het die regte pad gekies om ‘n billike gemeenskap daar te stel. Hy sê die Amerikaanse president, Donald Trump, se opskorting van bystand aan ander lande bewys hoe dringend dit is dat Suid-Afrika ‘n lewenskragtige, selfversorgende gesondheidsorgstelsel moet bou.
# Cosatu is bly dat die regering Arcelor Mittal Suid-Afrika help om sy langstaalaanleg in Newcastle, KwaZulu-Natal, in bedryf te hou terwyl ‘n oplossing gesoek word om dit volhoubaar te maak. Die maatskappy het in Januarie aangekondig dat hy sy aanlegte in Newcastle en in Vereeniging, Gauteng, gaan sluit aangesien dit nie meer lewensvatbaar is nie weens buitengewone hoë energie- en vervoerkoste. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê volgens die staalvervaardiger sal drie-duisend-500 regstreekse en onregstreekse werksgeleenthede geraak word:
# Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die besluit van die provinsiale wetgewer se staande komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme om die bestuur van Lugverkeer- en Navigasiedienste voor hom te daag. Dit is om rekenskap te gee oor die voortdurende mislukkings van die navigasiestelsel op George se lughawe. Noko Masipa van die DA sê hulle eis antwoorde, want die voortdurende kwessies raak ekonomiese bedrywighede en frustreer reisigers:
ENG NokoOnNavigationSystem
Britse teenterreur-polisie lei intussen die ondersoek na gister se brand by ‘n substasie naby Heathrow in Londen wat een van die wêreld se besigste lughawens tot stilstand gedwing het. Die lughawe het vroeg gisteroggend aangekondig dat hy die res van die dag gesluit sal wees weens ‘n reuse-kragonderbreking. Dit kon meer as 145-duisend passasiers wêreldwyd ontwrig, en tot een-duisend-300 vlugte sal na verwagting oor die volgende paar dae geraak word. Dit sal die lugvaartbedryf honderde-miljarde rand kos. Die lughawe is na 16-uur heropen.
# En sokker: Bafana Bafana het opgeskuif tot boaan Afrika se kwalifiserende Groep C vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika toe hy Lesotho 2-0 geklop het in Polokwane. Dit het meer as ‘n uur geneem voor Relebohile Mofokeng die eerste doel aangeteken het. Jayden Adams het slegs drie minute later verdoel en Suid-Afrika het die voorsprong behou tot die einde. Bafana is nou twee punte voor Benin, wat in die tweede posisie is, en die twee lande meet Dinsdag kragte in Abidjan in die Ivoorkus.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….