Nuus 07:00
BULLETIN 19 Maart 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Moody’s verwag dat die regering ’n ooreenkoms oor die begroting sal bereik
# Minister Ramokgopa sê die tydperk van dubbelsyfer-tariefverhogings is verby
# En Vladimir Putin sê Westerse oorheersing is besig om te taan
# Die graderingsagentskap, Moody’s, verwag van die regering van nasionale eenheid om ‘n ooreenkoms te bereik wat sal toelaat dat die begroting aanvaar word. Sommige partye, insluitend die DA, het die gewysigde begroting verwerp al het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, die voorgestelde BTW-verhoging verminder. Moody’s sê die voortgesette wrywing in die regering beteken daar sal steeds veranderinge aan ʼn paar fiskale maatreëls aangebring word voordat die Parlement die begroting goedkeur. Hy sê hy verwag die begroting se algehele fokus sal op fiskale konsolidasie bly.
# Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom is bewus dat hy nie elektrisiteitstariewe kan verhoog soos hy wil nie, omdat mededinging in die bedryf toeneem. Die Nasionale Energiereguleerder het Eskom se kleinhandeltariewe en strukturele aanpassings vir 2025 goedgekeur wat veroorsaak dat pryse van April af met 12,74-persent styg. Die reguleerder het ook ʼn munisipale tariefverhoging van minstens 11,32-persent van Julie af goedgekeur. Ramokgopa sê Nersa moet tegelykertyd Eskom ondersteun, maar ook klante beskerm:
# Die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die hernuwing van hul alliansie en die verdieping van die nasionale demokratiese revolusie herbevestig. Gedurende ‘n bilaterale vergadering het die partyleier Cyril Ramaphosa en SAKP algemene sekretaris Solly Mapaila saamgestem oor ekonomiese en sosiale beleide, met die fokus op ‘n meer radikale fase van die rewolusie. Alex Mashilo van die SAKP sê albei partye het belowe om hulle te beywer vir ‘n nie-rassige, nie-seksistiese Suid-Afrika, terwyl hulle saamstaan teen die wêreldwye toename in regsgesinde magte.
# Die EFF in Gauteng het die 2025/2026-begroting wat die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, ingedien het, verwelkom maar sê toegekende fondse gaan dalk nie genoeg wees om uitdagings te hanteer nie. Die totale begroting beloop 171,5-miljard-rand. Die ANC lei tans ʼn minderheids-koalisieregering en het ander partye se steun nodig om die begroting te aanvaar. Moshe Koma van die EFF sê hulle sal met die provinsiale leierskap in gesprek bly om seker te maak die res van hul voorlegging word ʼn werklikheid:
# Russiese president Vladimir Putin sê die Weste sal probeer om Rusland te ondermyn of die land sankies opskort of nie. Hy het aan sakeleiers in Moskou gesê hulle moet elders kyk vir beleggingsgeleenthede. In ‘n hoofsaaklik anti-Westerse toespraak voor sy krities belangrike telefoonoproep met VSA president Donald Trump, het hy gesê Westerse dominansie is besig om weg te kwyn. Westerse lande het omvattende sankies teen Rusland ingestel na Rusland se volskaalse militêre aanval op Oekraïne in 2022. Die Kremlin beskryf die beperkings as ‘n onwettige poging om die land se ekonomie te vernietig.
# Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Scott Robertson, het vrede gemaak met Nieu-Seeland Rugby se streng beleid oor verkiesbaarheid nadat hy aanvanklik daarop aangedring het om spelers te kies wat oorsee speel. Net spelers wat vir plaaslike spanne speel, mag vir die nasionale span oorweeg word om plaaslike kompetisies te versterk, hoewel ervare All Blacks toegelaat word om kort tye oorsee te speel tydens sabbatsverlof. Robertson sê die beleid is buigsaam genoeg, en hy moet seker maak hulle kan voortgaan om gehalte-beroepspelers te voorsien.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-12-sent teen die dollar, 19-rand-82-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-863-dollar-90-sent. Die prys van goud is drie-duisend-29-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 70-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….