Nuus 07:00
BULLETIN 1 Maart 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Desmond Tutu-gesondheidstigting vrees die staking van die USAID-toelae is ‘n gevaar vir die stryd teen MIV en Vigs
# Die stigterspresident van Namibië se staatsbegrafnis vind vandag plaas
# En rugby: Pollard se terugkeer word bestempel as ‘n reuse-pluimpie vir Jake White
# Die Desmond Tutu-gesondheidstigting waarsku die permanente staking van USAID-toelaes in Suid-Afrika sal ernstige gevolge inhou vir die stryd teen MIV en Vigs. Die stigting se uitvoerende hoof, Linda-Gail Bekker, sê die verlies aan befondsing, insluitend van PEPFA, wat 5,5-miljoen mense met antiretrovirale behandeling ondersteun, bedreig kritieke dienste. Sy is bekommerd oor die verlies van gespesialiseerde sorg en middele vir die voorkoming van MIV en Vigs:
# ActionSA kondig Maandag drie baanbreker-wetgewende hervormings aan wat daarop gemik is om bestuur in Suid-Afrika te verander. Woordvoerder, Matthew George, sê dié hervormings is die belangrikste bestuurswysigings sedert 1994, wat korrupsie as ‘n topprioriteit teiken. George sê hierdie inisiatiewe sal betekenisvolle verandering aandryf en bestuur hervorm. Hy beklemtoon die aankondiging is die eerste in ‘n reeks waagmoedige stappe om welvaart in die land te verbeter:
# Die Suid-Afrikaanse Spaza en Snoepwinkelvereniging is besorg omdat daar geen verlenging is vir die registrasie van spazawinkels nie. Dit volg nadat honderde spazawinkels en afsetpunte vir voedselhantering weens verskeie uitdagings nie gister se sperdatum kon haal nie, insluitend die stryd om betyds die vereiste dokumente van Binnelandse Sake, munisipaliteite en die SAID te bekom. Die vereniging versoek die regering om die sperdatum te verleng, wat tyd toelaat om administratiewe struikelblokke te oorbrug.
# Afvaardigings van meer as tien lande word verwag by die staatsbegrafnis van Namibië se stigterspresident, Sam Nujoma, in Windhoek en president Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrika verteenwoordig. Nujoma sal in die Helde-akker begrawe word, met vandag wat as openbare vakansiedag verklaar is. Nujoma was ‘n revolusionêre anti-apartheidsaktivis en politikus en het van 1990 tot 2005 drie termyne as die eerste president van Namibië gedien. Hy was ‘n stigterslid en die eerste president van die regerende Swapo in 1960.
# En rugby: Die Springbok-losskakel Handré Pollard se terugkeer na die Bulle word beskryf as ‘n reuse-prestasie vir die span se direkteur van rugby, Jake White. Die 30-jarige het Pretoria se aanbod aanvaar nadat sy kontrak met die Ierse span Leicester Tigers verstryk het, hoewel hy winsgewende aanbiedings uit Japan gekry het. Dit beteken die Bulle sal minstens ses Bok-agterspelers tot hulle beskikking hê as ander verkrygings bevestig word. Pollard se beroepsloopbaan het in 2013 in Pretoria begin en hy het tot 2017 vir die unie gespeel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….