Nuus 07:00
BULLETIN 15 Februarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU dring aan op ‘n kragdadige begroting vir 2025/26
# AfriForum eis optrede teen munisipaliteite wat nie hulle water- en sanitasieverpligtinge nakom nie
# En sokker: Arteta sien uit na uitdagings terwyl Arsenal sukkel met voorspelers
# COSATU versoek die regering om ‘n kragdadige begroting vir 2025/26 te lewer om die sosio-ekonomiese krisisse in Suid-Afrika aan te spreek. Federasie-woordvoerder, Matthew Parks, vra robuuste ondersteuning vir Eskom, Transnet en openbare infrastruktuur om groei te stimuleer en werkloosheid te verminder. COSATU is gekant teen die verhoging van BTW of inkomstebelasting vir diegene met ‘n lae inkomste en waarsku sulke maatreëls sal armoede vererger. Hy vra befondsing vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet verhoog word om belastingontduiking te bekamp en inkomste te verhoog:
# AfriForum sê doeltreffende gevolgsbestuur is uiters belangrik om die water- en sanitasiekrisis aan te pak. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ernstige diensleweringsmislukkings in munisipaliteite ontbloot het. Die organisasie vra aanspreeklikheid, veral omdat daar nie gehoor gegee word aan hofbevele om kwessies rakende rioolstortings reg te stel nie. Marais de Vaal van AfriForum het die regering versoek om munisipale nakoming wettig af te dwing om verdere omgewingskade te voorkom:
# Die vermeende brandstigter wat daarvan beskuldig word dat hy die dodelike brand in die Usindiso-gebou in Johannesburg begin het, Lawrance Mdlalose, verskyn op 21 Februarie in die Hooggeregshof in Johannesburg vir voorverhoorverrigtinge. Mdlalose het na bewering op 31 Augustus 2023 die brand gestig waarin 76 mense dood en 12 ander beseer is. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, sê ondersoeke het aan die lig gebring die brand het ontstaan na ‘n gewelddadige rusie oor ‘n dwelmgeskil.
# Sokker: Arsenal se afrigter, Mikel Arteta, sien uit na die uitdaging om sonder Kai Havertz reg te kom terwyl hy worstel met ‘n toenemende doelskieter-krisis in sy Premierliga-titelveldtog. Die Duitse voorspeler loop die res van die seisoen mis na ʼn operasie weens ʼn dyspierbesering. Die Gunners is tans tweede op die punteleer, sewe punte agter Liverpool, en die kas is leeg wat voorspelers betref. Hulle het net Leandro Trossard, Raheem Sterling en Ethan Nwaneri as erkende voorspelers beskikbaar voor vandag se wedstryd teen die sukkelende Leicester. Afskop is om 2.30 SA tyd.
# ‘En, ‘n Vrou is in Japan in hegtenis geneem omdat sy na bewering ‘n broodrolletjie platgedruk het in ‘n geriefswinkel en uitgestap het sonder om die brood te koop. Die owerhede in die suidelike stad Fukuoka het aan die BBC gesê die 40-jarige is aangekeer op strafregtelike aanklagte. Die vrou, wat glo werkloos is, beweer sy wou net uitvind hoe vars die rolletjie en het dit net liggies gedruk. Die sak het nie geskeur nie, maar die polisie sê een van die rolletjies is beskadig en die pak kon nie verkoop word nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….