Nuus 07:00
BULLETIN 11 Januarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cyril Ramaphosa gaan ‘n merkbaar anders 8 Januarie-verklaring lewer
# Donald Trump spring tronkstraf vry en kry onvoorwaardelike ontslag in sy swyggeldsaak
# En rugby, Siya Kolisi voer die Haaie aan teen Toulouse, maar Eben Etzebeth is uit
# ANC-president Cyril Ramaphosa lewer vandag die 8 Januarie-verklaring in Khayelitsha in Kaapstad, ter viering van die party se 113de bestaansjaar. Die ANC se verkiesingsterugslae sal waarskynlik ‘n belangrike deel van Ramaphosa se toespraak wees, veral die vorming van die regering van nasionale eenheid. Die ANC se eerste adjunk-sekretaris-generaal, Nomvula Mokonyane, sê die party wil sy verhouding met sy mense herstel en die publiek se vertroue herwin:
# Adjunkpresident Paul Mashatile het die regering se toewyding herbevestig om die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette in werking te stel. Mashatile het by die Universiteit van Zoeloeland gepraat, tydens die begrafnis van die land se eerste minister van Onderwys in ‘n demokratiese Suid-Afrika, Sibusiso Bengu. Hy het beklemtoon die BELA-wet sal onopgeloste onderwysuitdagings aanspreek en is daarop gemik om Suid-Afrika se onderwyslandskap te transformeer deur gelyke toegang tot gehalte-onderwys te verseker:
# Die vakbond Giwusa sê die dodetal in die Stilfontein-mynkrisis in Noordwes kan styg, aangesien pogings om onwettige mynwerkers te red steeds onvoldoende is. Daar word vermoed meer as 100 mynwerkers het weens gevaarlike toestande gesterf, baie omdat hul geval het, honger is of verdrink het in verspoelde tonnels. Giwusa se president, Mametlwe Sebei vra vir die toewysing van fondse om ‘n behoorlike reddingsoperasie met die nodige kundiges te kan uitvoer:
# Die Amerikaanse verkose president Donald Trump is gevonnis tot ‘n onvoorwaardelike ontslag in sy New York kriminele swyggeldsaak, wat beteken hy is nie tronkstraf, boetes of ‘n proeftydperk opgelê nie. Hy is die eerste Amerikaanse president wat strafregtelik gevonnis is, en is nou amptelik ‘n veroordeelde misdadiger. Trump is verlede jaar skuldig bevind op 34 aanklagte van sakebedrog oor die betaling van swyggeld in 2016 aan die voormalige porno-ster Stormy Daniels. Trump sê sy vonnisoplegging is ‘n veragtelike bespotting en geen misdaad is gepleeg nie.
# En rugby, Siya Kolisi voer vandag op Kingspark die Haaie aan met die Durbanse span die gashere vir die titelhouers van die Kampioenebeker, Toulouse. Bongi Mbonambi is terug in ‘n volle Bok-voorry saam met Ox Nché en Vincent Koch. Eben Etzebeth is egter nog nie fiks nie. Ander beseerdes is senter André Esterhuizen en Aphelele Fassi wat in die wedstryd teen die Stormers beseer is. Francois Venter se maat in die middelveld is Ethan Hooker terwyl Makazole Mapimpi terug is in die opdrafspan. Hakeem Kunene is die heelagter. Afskop is om 5:15.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….