Nuus 07:00
BULLETIN 31 Januarie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Dringende hofaansoek om Wes-Kaapse onderwys-posbesnoeiings te keer is van rol geskrap
# SA Burgerlugvaartowerheid veroordeel passasier se gedrag op Tweede Kersdag-vlug
# En, rugby, John Dobson is bekommerd Sacha Feinberg-Mngomezulu se talle beserings sal sy selfvertroue skend
# ‘n Dringende hofaansoek om die Wes-Kaapse Onderwysdepartement te verhoed om twee-duisend-407 onderwysersposte te sny, is Maandag van die rol geskrap. Die Spesiale Aksiekomitee vir Onderwys het op die nippertjie die aansoek ingedien. Die departement het die besnoeiings in Augustus vanjaar aangekondig, na aanleiding van ‘n begrotingstekort van 3,8-miljard-rand deur die nasionale regering. Kaapstad gaan in Januarie volgende jaar altesaam een-duisend-674 onderwysposte verloor en die Kaapse Wynland-distrik sal 299 poste verloor.
# Die Grensbestuursowerheid het bevestig die bedryf van die Lebombo-grenspos in Mpumalanga is terug na normaal. Dit volg nadat Mosambiek se opposisieleier, Venancio Mondlane, aangekondig het betogings teen die verkiesingsuitslae word vir vyf dae opgeskort. Die owerheid se adjunk-kommissaris, Mmemme Mogotsi, sê daar is nie meer toue vragmotors nie en die normale verwerking van reisigers is hervat. Sy sê hulle bly op hoë gereedheidsgrondslag vir moontlike ontwrigting ondanks die tydelike opskorting van verset-optrede:
# Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het die gedrag veroordeel van ‘n passasier aan boord van ‘n FlySafair-vlug van Durban na Kaapstad op Tweede Kersdag. Nobuntu Mkhize moes geboei word om haar te bedwing nadat ‘n alkoholiese drankie haar blykbaar geweier is. Die direkteur van Burgerlugvaart Poppy Khoza, sê kragtens die Wet op Bergerlugvaart is oproerige optrede ‘n strafbare oortreding wat tot ses maande tronkstraf kan lei. FlySafair het vroeër aan News24 gesê Mkhize sal op hulle lys geplaas word van mense wat nie weer op een van hulle vlugte welkom sal wees nie.
# Die Amerikaanse president, Joe Biden, sal na verwagting die lofrede lewer op die begrafnis van een van sy voorgangers. Jimmy Carter is Sondag op 100-jarige ouderdom oorlede. Biden het aan die media gesê Carter het hom in Maart verlede jaar gevra om hom die eer te bewys. Hulle was bevriend sedert Biden senator was terwyl Carter president was. Biden het vroeër 9 Januarie tot nasionale dag van rou verklaar. Carter word begrawe langs sy vrou van 77-jaar, Rosalynn, wat net meer as ‘n jaar gelede dood is.
# Rugby: Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, is bekommerd oor die talle beserings wat sy Springbok-sterspeler Sacha Feinberg-Mngomezulu die afgelope ruk teister. Die 22-jarige het skaars teruggekeer van ‘n langtermyn kniebesering voor hy harsingskudding en ‘n swaar duikslag moes trotseer. Dit is gevolg deur ‘n heupbesering, en ‘n sleutelbeenbesering tydens die afgelope naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-oorwinning oor die Haaie in Kaapstad. Dobson is bekommerd die talle terugslae sal Feinberg-Mngomezulu se selfvertroue skade doen.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-80-sent teen die dollar, 19-rand-57-sent teen die euro en 23-rand-06-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 92-duisend-370. Die prys van goud is twee-duisend-606-dollar-28-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 74-dollar-27-sent.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….