Nuus 07:00
BULLETIN 20 Desember 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Elektrisiteit sê Eskom is besig om te herstel
# Die Tesourie wil geldwassery en die finansiering van terrorisme bekamp
# En motorsport: Die ANC-jeugliga ondersteun Kyalami se F1-drome
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa sê Eskom se werksverrigting het verbeter, wat gelei het tot meer as 260 dae sonder beurtkrag, verbeterde aanlegprestasie en miljarde rande aan diesel-besparings. Die kragvoorsiener het ‘n netto verlies voor belasting van sowat 25,5-miljard-rand aangeteken, ‘n verbetering op die vorige boekjaar se 34,6-miljard. Ramokgopa sê Eskom is minder op diesel aangewese, maar munisipaliteite se skuld het tot 74-miljard-rand gestyg:
# Die Nasionale Tesourie sê Suid-Afrika is daartoe verbind om geldwassery en die finansiering van terrorisme te bekamp. Daar is ‘n voorgestelde reeks wysigings aan wette met die oog daarop om die land se gryslys-status te beëindig wat in Februarie 2023 deur die Finansiële Aksietaakspan verklaar is. Die Tesourie spreek die oorblywende tekortkominge aan wat deur die taakspan geïdentifiseer is om van die gryslys af te kom en die land voor te berei vir die volgende wedersydse evaluering in 2026/2027.
# Die LUR vir Finansies in Gauteng, Lebogang Maile, het onthul dat die registrasie van slegs 23 spazawinkels in Ekurhuleni voltooi is, terwyl duisende steeds onverwerk is. Dit volg nadat die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, die sperdatum vir registrasie tot einde Februarie verleng het. Maile het beklemtoon nakoming is belangrik vir suksesvolle aansoeke en beklemtoon regulasies vir gesondheid en veiligheid is belangrik om voedseloordraagbare siektes te voorkom:
# Die Verenigde Nasies sê ‘n wapenstilstand in Gaza moes lankal gebeur het, met meer as 45-duisend Palestyne wat volgens berigte dood is. Dit kom te midde van Egipte wat gasheer is vir die leiers van agt lande met ‘n Moslem-meerderheid. Die adjunk-sekretaris-generaal van die VN, Mohamed Khaled Khiari, veroordeel die bombardering deur Israelse magte. Hy sê bemiddelingspogings deur Amerika, Katar en Egipte toon belofte maar gevegte duur voort en eis onskuldige lewens:
# Die ANC-Jeugliga se nasionale uitvoerende komitee het sy volle steun toegesê aan die Kyalami Grand Prix-baan in Johannesburg se poging om vir Formule Een gesertifiseer te word. Die komitee glo die nodige opgraderings vir graad een-akkreditasie van die Internasionale Outomobiel-federasie sal werk skep, jeugvaardighede ontwikkel en die ekonomie stimuleer deur toerisme en plaaslike sakeondernemings. Zama Khanyase van die liga sê die aanbieding van ‘n Grand Prix sal jeugbetrokkenheid in motorsport aanmoedig en Suid-Afrika se internasionale sportbeeld uitbou:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 23-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 97-duisend-154-dollar-90-sent. Die prys van goud is twee-duisend-593-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-54-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….