Nuus 07:00
BULLETIN 9 Augustus 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal voortgaan ondanks sekere stigtings wat onttrek
# BOSA vier vandag Vrouedag met dapper voorstelle vir bemagtiging
# En rugby: Beserings en ongesteldheid dwing die Leeus om verskeie veranderinge aan te bring vir hul Boland-stryd
# President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan ten spyte van die onttrekking van ses groot stigtings, insluitend dié van Thabo Mbeki, Steve Biko en FW de Klerk. Die groepe beskuldig die regering dat hulle beheer oorneem oor wat ‘n burgergeleide proses behoort te wees en wil hê dat die geleentheid uitgestel word. Ramaphosa sê egter die meeste van die 750 genooide organisasies het bywoning bevestig, en beklemtoon Suid-Afrikaners wil hê die dialoog moet voortgaan:
# Die MK-party sê Vrouemaand moet ‘n katalisator wees vir werklike strukturele verandering en die volledige bevryding van Suid-Afrikaanse vroue. Die party vra vir die aftakeling van ekonomiese en sosiale stelsels wat ongelykheid laat voortduur, om sodoende gelyke toegang tot geleenthede te bied, en vroue van geweld beskerm. Die nasionale voorsitter van die party, Nathi Nhleko, sê simboliese gebare is nie genoeg nie, en vra vir beleide wat vrouens in leierskap, in die werkplek, en in gemeenskappe bemagtig, terwyl hulle armoede en werkloosheid beveg, wat vroue ernstig raak:
Build One South Africa sal Vrouedag intussen gebruik om daadwerklike hervormings om ekonomiese insluiting en veiligheid van vroue te bevorder. Met verwysing na kommerwekkende geslagsgeweldstatistiek en die ekonomiese ongelykheid, doen BOSA ‘n beroep vir dringende optrede oor simboliek. Belangrike ingrypings sluit ‘n regverdige en billike betalingwetsontwerp, openbare toegang tot die seksoortredersregister, en provinsiale teen-geslagsgeweld taakspanne. BOSA se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster sal ook ‘n Nasionale Vroueveldtog lei. Die party sê die tyd vir werklike verandering en werklike leierskap vir vroue het aangebreek.
# Gautengse polisie het begin met ‘n soektog nadat twee speurders doodgeskiet is toe hulle vir Jabulani Moyo in Roodepoort vervoer het. Hy het in die Landdroshof in Roodepoort verskyn op ‘n saak van roof in 2023. Die beamptes is in die middestad in ‘n lokval gevang en een is op die toneel dood en die ander beampte is in die hospitaal dood verklaar. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Moyo is gesien toe hy in die polisievoertuig op die vlug slaan, maar die voertuig is later verlate gevind:
# Die Chinese regering het ‘n reddingspakket ter waarde van miljoene dollar aangekondig nadat kitsvloede dorpe in die Guangdong provinsie getref het. ‘n Rekord van 622,6-mm reën het die afgelope week oor vier dae in die provinsiale hoofstad Guangzhou geval – byna drie keer die gemiddelde maandelikse reënval vir Augustus. Staatsmedia berig minstens sewe mense is in die oorstromings dood. Een inwoner het gesê in al hul jare daar, het hulle nog nooit sulke oorstromings ervaar nie. Vyf-en-sewentig-duisend mense in Guangdong is as ‘n voorsorgmaatreël ontruim.
# En rugby: Die onoorwonne Leeus moes weens beserings en siekte verskeie veranderings aan hulle span aanbring vir môre se Curriebeker-kragmeting teen die Boland in Wellington. Die losskakel Lubabalo Dobela het griep en is vervang met Kade Wolhuter; Dylan Sjoblom vervang die beseerde Darrien Landsbeg as slot en die vleuel Rabz Maxwane wat met ‘n gewrigbesering sukkel, word deur Kelly Mpeku vervang. Die Leeus is tweede op die punteleer, na die Bulle, gevolg deur die Cheetahs, Pumas, Boland, Griekwas, Westelike Provinsie en Haaie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….