Nuus 07:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Rise Mzansi vra vir ‘n hersiening van BTW-vrygestelde goedere om die finansiële druk te verlig
# Die Christenforum beweer minister Thembi Simelane is ‘n sondebok vir korrupte leiers
# En, rugby: Siya Kolisi sê baie is vanmiddag in Kaapstad op die spel
# Rise Mzansi vra ‘n hersiening van BTW-vrygestelde goedere en dienste om te help om die lewenskostekrisis die hoof te bied. In sy mini-vollesitting-toespraak in die Nasionale Vergadering het Makashule Gana van party gesê hoë misdaadkoerse, korrupsie en onvoldoende openbare dienste is die sleutel-aandrywers van lewenskoste. Gana stel oplossings voor soos die verskaffing van bekostigbare energie en water, die verbetering van openbare vervoer, en die versterking van die strafregstelsel om korrupsie teen te werk:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christenforum skaar hom by die minister van Justisie, Thembi Simelane, en beweer sy word onbillik geteiken as ‘n sondebok vir korrupte leiers. Die forum eis gelyke behandeling van almal wat by die plundering van die VBS Mutual Bank betrek word. Die president van die forum, Marothi Mashashane, is van mening dat om geld by ’n vriend te leen en terug te betaal voor sy ’n minister geword het is nie gronde vir beskuldigings nie:
# Oud-president Kgalema Motlanthe beklemtoon ‘n doelgerigte en taktiese benadering om korrupsie aan te pak. Hy het gepraat op die Universiteit van Johannesburg se Teen-Korrupsiespitsberaad en die belangrikheid beklemtoon van etiese bestuur, sterk leierskap en die oppergesag van die reg. Motlanthe beklemtoon om korrupsie te pak vereis bewustelike oorweging van die grondoorsake en ‘n veelfasset-benadering, wat opvoeding insluit. Hy waarsku korrupsie ondergrawe openbare vertroue, ondermyn ekonomiese groei en verswak regstelsels. Hy vra gesamentlike optrede om instellings te versterk en geregtigheid vir almal te verseker.
# Israelse magte het aan die stad, Jenin, en sy vlugtelingkamp in die besette Wesoewer onttrek na ʼn groot operasie van nege dae. Die gebied is ʼn vesting vir militantes en is geteiken in een van Israel se grootste veldtogte in die Wesoewer vir jare. Volgens die Palestynse gesondheidsministerie is minstens 36 Palestyne dood. Die BBC berig minstens agt van die slagoffers is burgerlikes, insluitend ʼn 16-jarige meisie. Daar is ʼn oplewing in geweld aan die Wesoewer sedert Hamas se aanval en die daaropvolgende oorlog in Gaza.
# En, rugby: Die Springbokkaptein Siya Kolisi sê die Rugby Kampioenskapstitel, asook die Vryheidsbeker, is op die spel in vanmiddag se toets teen die All Blacks in Kaapstad. Hy het ‘n prosedure aan sy neus uitgestel om te kan speel, en sal nie enige gesigsbeskerming gebruik nie. Kolisi sê hulle was nog nooit in dié posisie nie, met die voorlopersposisie halfpad deur die kompetisie; en hulle het ‘n uitstekende kans om die kampioenskap die eerste keer sedert 2019, en die Vryheidsbeker vir die eerste keer sedert 2010, in te palm.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….