Nuus 07:00
BULLETIN 5 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die IMF sê Suid-Afrika moet onverskrokke hervormings instel
# Die DA beskuldig ActionSA van skynheiligheid en ondermyning
# En rugby: Kolbe verwag ‘n taaier stryd teen die All Blacks
# Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se ekonomie het veerkragtigheid getoon tydens massiewe ontwrigting, maar volgehoue strukturele uitdagings kan lewenstandaarde verder laat daal. Die fonds se uitvoerende raad het ‘n na-finansieringsbepaling van die land gedoen. Die IMF sê die nuwe regering moet die geleentheid van ʼn nuwe mandaat gebruik om dapper hervormings in te stel, voortslepende uitdagings te takel en die land se volle ekonomiese potensiaal te bereik. Hy sê strukturele hervormings is noodsaaklik om werkskepping, groei en vooruitgang te ondersteun.
# Die parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge vra streng stelsels en interne beheer in die Gesondheid- en Justisie-departement om die staat teen bedrieglike regsfirmas te beskerm. Die Spesiale Ondersoekeenheid het onthul hy het voorkom dat die staat drie-miljard-rand aan bedrieglike mediese regseise verloor. Skoor se voorsitter, Songezo Zibi, sê dis ook belangrik om kennis te neem van baie geldige eise wat behoorlik verwerk moet word:
# ‘n Amerikaanse vrou probeer keer dat sy deur Brittanje uitgelewer word om verhoor te word vir die moord op haar twee kinders, en poging tot moord op die derde. Die 36-jarige Kimberlee Singler het na Londen gevlug nadat die liggame van die nege-jarige Elianna en die sewe-jarige Aden Wentz in Desember in Colorado Springs aangetref is tydens ‘n uitgerekte toesigstryd met haar voormalige lewensmaat. Haar elfjarige dogter is gewond. Singler se prokureur het in die Landdroshof in Westminster betoog sy staar ‘n verpligte lewenslange vonnis in die gesig, wat haar menseregte skend.
# Rugby: Springbok-vleuel Cheslin Kolbe sê hulle verwag Saterdag in die Rugbykampioenskap-toets teen Nieu-Seeland in Kaapstad ʼn taaier en meer intensiewe kragmeting. Suid-Afrika het die All Blacks Saterdag in Johannesburg met 31-27 geklop. Die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, sal sy span vir komende Saterdag se kragmeting na verwagting vandag bekend maak. Kolbe sê dis belangrik om vinnig te begin, aksies akkuraat uit te voer en by hulle strukture te hou:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-85-sent teen die dollar, 19-rand-78-sent teen die euro en 23-rand-48-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-795-dollar-37-sent. Die prys van goud is twee-duisend-496-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-94-sent per vat.
# En ten slotte: Die SA Agulhas Twee, ʼn ysbreker en navorsingskip wat voorraad na die Suidpool vervoer, vertrek vandag uit Kaapstad na Gough-eiland. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ʼn waarnemingstasie op die eiland. Die skip behoort aan die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing en sal die Gough 70-aflosspan en vrag na die weerstasie vervoer. Die departement sê die stasie help met data-insameling, wetenskaplike navorsing en monitor die uitwerking van hewige weerstoestande op die Suid-Afrikaanse kuslyn.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….