Nuus 07:00
BULLETIN 3 Augustus 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC se verkiesingskomitee blameer ‘n afname in kiesers en dienslewering vir sy agteruitgang
# Die Gautengse Onderwysdepartement is teleurgesteld in die Pretoria High School for Girls-rassisme-uitspraak
# En rugby, die Bulle en Cheetahs speel gelykop in Bloem
# Die verkiesingskomitee van die ANC skryf die party se afname in steun toe aan die lae kieserstal, swak plaaslike dienslewering en ‘n gebrek aan aanspreekliheid. Die nasionale uitvoerende komitee het op ‘n vergadering in Ekurhuleni die faktore ondersoek en strategieë ontwikkel om die behoeftes van kiesers beter te verstaan. Die adjunksekretaris-generaal Nomvula Mokonyane sê hulle soek maniere om die behoeftes van Suid-Afrikaanse kiesers beter te begryp om verdere afname te keer:
# Die Onderwysdepartement in Gauteng is teleurgesteld met die uitspraak wat twaalf leerders van Pretoria High School for Girls kwytskeld van bewerings van rassisme. Woordvoerder Steve Mabona het aan eNCA gesê hy is geskok dat die departenent in die media gehoor het van die uitspraak, en nie deur die skool ingelig is nie. Hy sê die departement wag op ‘n volledige verslag om te begryp hoekom die skoolbeheerliggaam so besluit het:
# Die Reguleringsowerheid vir die Private Sekerheidsbedryf is besig om sy oorsig te verbeter om onwettighede in die sektor te bestry. Die gesag sal voldoening fyn dophou en moontlik die registrasie ophef van enige sekerheidswag of -besigheid wat betrokke is by misdaad. Hulle voer deeglike registrasie- en misdaadrekord-ondersoeke uit om die integriteit te verseker van diensverskaffers. Die woordvoerder van die owerheid Mpho Sechoaro moedig die publiek aan om wanoptrede aan te meld op hulle bedrog- en etiekblitslyn:
# ‘n Nuwe verslag toon Afrika kan teen 2030 3,3-mijoen werksgeleenthede in 12 sektore skep. Die Forecasting Green Jobs in Africa-verslag deur Shortlist en FSD Africa, konsentreer op die sektor vir hernubare energie, veral sonkrag, ‘n sleutel-skepper van werk. Die meeste groei word verwag in die Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Kenia, Nigerië en Suid-Afrika. Die verslag beklemtoon die behoefte aan belegging in vaardigheidsontwikkeling en samewerking oor sektore heen om aan die vraag te voldoen.
# En, rugby: ‘n Strafskop in die 78ste minuut deur die Bulle-nuweling, Boeta Chamberlain, het hulle onoorwonne rekord gered en in Bloemfontein gesorg vir ‘n opwindende gelykopuitslag van 34-elk. Die twee spanne boaan die Curriebekerpunteleer het gesamentlik nege drieë gedruk, en die gelykopstryd beteken beide se veldtogte is nog aan die brand. Die drie weg-punte hou die Bulle drie punte voor die Cheetahs en onoorwonne boaan die punteleer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….