Nuus 07:00
BULLETIN 20 Julie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# BUSA is bemoedig deur die president se toewyding aan die Nasionale Gesondheidsversekering
# GIWUSA is gekant teen die Reserwebank se terugkoopkoersbesluit
# En atletiek, Akani Simbine ding mee met topnaellopers by die Diamantliga-byeenkoms in Londen
# Business Unity South Africa is bemoedig deur president Cyril Ramaphosa se voorneme om belanghebbers te verenig oor die Nasionale Gesondheidsversekering. Die uitvoerende hoof van BUSA Cas Coovadia steun ‘n samewerkende benadering, en beklemtoon die Wet op die NGV in sy huidige vorm is onbekostigbaar en onvolhoubaar. Hy vra wysigings vir die inwin van privaat sektorhulpbronne en om ekonomiese bestendigheid te verseker, terwyl universele gesondheidsdekking nagejaag word:
# Die vakbond GIWUSA is gekant teen die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om die terugkoopkoers op 8,25-persent te hou. Woordvoerder Koketso Phasha sê GIWUSA is nie ten gunste van die besluit nie omdat dit die rykes bevoordeel en die werkersklas en die armes belas. Hy vra vir ‘n koersverlaging om verligting te bring aan landsburgers wat sukkel met lenings en hoё lewenskoste:
# Die vier groot Suid-Afrikaanse lewensversekeraars, Old Mutual, Sanlam, Discovery Life en Momentum het in 2023 meer as 20-miljard-rand in eise uitbetaal. Old Mutual het alleen 5,6-miljard-rand uitbetaal met aansienlike bedrae vir trauma, insluitende misdaad en ongelukke. Belangrike neigings sluit in stygende eise onder jonger polishouers, hoofsaaklik weens kardiovaskulêre toestande en kanker. Eise vir selfdood was ses-persent en eise oor asemhalingskwessies weens Covid bly hoog. Kenners wys op lewenstylfaktore as groot bydraers tot ernstige gesondheidskwessies.
# Kubersekerheidskundiges maan gister se wêreldwye tegniese onderbreking kan dae neem om reg te stel. Die kwessie, wat beskryf word as die grootste inligtingstegnologiefout in die geskiedenis, het chaos veroorsaak by lughawens, televisiekanale, banke en mediese instellings. Die antivirusmaatskappy CrowdStrike het ‘gou alombekend’n huishoudelike naam geword nadat hy bevestig het ‘n probleem met sy outomatiese sagteware-opdatering het onderbrekings op Microsoft-toestelle veroorsaak. Kundiges sê die probleem kan nie outomaties reggestel word nie, en toestelle moet in die sogenaamde Safe Mode aangeskakel word.
# En, atletiek: Die Suid-Afrikaanse naelloper Akani Simbine kom vandag te staan teen van die gunstelinge vir die Olimpiese Spele by die voor-Spele Diamantliga-byeenkoms in Londen. Dit sluit in al drie die medaljewenners by die Wêreldkampioenskap verlede jaar in Boedapest; die huidige kampioen Noah Lyles van Amerika; die ster van Botswana, Letsile Tebogo, en die Brit Zharnel Hughes. Kishane Thompson van Jamaika, wat nie in Londen is nie, is tot dusver dié jaar die wêreld se vinnigste man met sy 9,77. Hy het net meer as ‘n week gelede Simbine en Tebogo in Hongarye geklop.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….