Nuus 07:00
BULLETIN 13 Julie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Skenkings stroom in met Kaapstad wat hulp insamel vir vloedgeteisterde gemeenskappe
# Die Drakenstein-munisipaliteit waarsku oor nog swaar reën
# En, krieket: Groot lof vir Engelse bouler Anderson aan die einde van sy glorieryke loopbaan
# Die Stad Kaapstad sê hy sit intensiewe rampbestuursoperasies voort in gure weer. Spanne van verskeie departemente werk aktief teen residensiële oorstromings, padsluitings en elektrisiteitsonderbrekings. Skenkings stroom in na ‘n stadswye beroep vir hulp vir 33-duisend huishoudings, waar 95-duisend mense geraak word. Sonica Lategan van die stad sê ses brandweerstasies is aangewys as aflaaipunte vir items soos komberse, matrasse en babakos:
Die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap het inwoners van Newton in Wellington intussen gewaarsku om nie na hulle huise terug te keer nie omdat nog reën die naweek voorspel word. Sowat 900 huishoudings is ontruim weens die gevaar dat ‘n damwal kan breek. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ontwrigtende reën en moontlike oorstromings. Inwoners word gemaan om te let op amptelike kommunikasie van die munisipaliteit terwyl ingenieurs die situasie monitor om veiligheid te verseker. Die plaaslike brandweer en wetstoepassers patrolleer die gebied.
# Die Vryheidsfront Plus vra die Departement van Indiensneming en Arbeid moet heeltemal opgeknap word, ter wille van verbeterde administrasie en dienslewering. Volgens die party is sterk politieke wil noodsaaklik om veranderings aan te bring en hoop aan miljoene werkloses te bied. Hulle vra ook beslissende optrede om mense met gestremdhede te ondersteun. ‘n Woordvoerder van die VF Plus, Heloïse Denner, kritiseer die kleiner begroting vir die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, en vra dat daar weer gekyk word na entiteite wat nie na behore presteer nie.
# Krieket: Die legendariese Engelse bouler James Anderson is wyd geloof met sy uittrede na die eerste toets teen die Windies op Lord’s in Londen. Die 41-jarige het op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hy vier paaltjies geneem en sy span gehelp het om die besoekers met ‘n beurt en 114 lopies af te ransel. Hy het geëindig met 704 paaltjies in 188 toetse. Anderson se laaste kaptein, Ben Stokes, sê hy is ‘n ongelooflike inspirasie vir talle, en sy gewese spanmaat Stuart Broad beskryf hom as die beste naatbouler ooit.
# En ten slotte: Kenners van regoor die Verenigde Koninkryk het in Orkney aangekom om nadoodse ondersoeke te doen op 77 loodswalvisse wat vrek aangetref is Sanday-eiland. Dit word beskou as die grootste massastranding in byna ‘n eeu. Spesialiste sal weefselmonsters gebruik om die oorsaak te bepaal. Nick Davison van die Skotse Seedierstrandingskema, sê vier walviskoeie word ondersoek en waarsku die proses kan etlike dae duur. Hy waarsku die publiek toegang tot die eiland word beperk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….