Nuus 07:00
BULLETIN 4 Julie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party trek sy verkiesingsuitslag-saak terug
# ‘n Vakbond vir gesondheidswerkers versoek die minister om Nasionale Gesondheidsversekering te prioritiseer
# En Keir Starmer sê die Arbeidersparty neem niks as vanselfsprekend aan nie
# Die MK-party het sy aansoek by die Verkiesingshof in Bloemfontein om die 2024-verkiesingsuitslag ongeldig te verklaar, teruggetrek. Die party beweer die uitslag wat die Verkiesingskommissie verlede maand bekend gemaak het, was nie vry en regverdig nie. Hy beweer hy het bewyse van ernstige verkiesingsonreëlmatighede. Die MK-party het die hof gevra om die uitslag nietig te verklaar en geëis dat ‘n nuwe verkiesingsdatum vasgestel word. Die party sê hulle het meer tyd nodig om omvattende verslae voor te berei deur ʼn deeglike assessering van die OVK se verkiesingsuitslag.
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê sy belangrikste agendas in sy pos sluit in die instel van die Nasionale Gesondheidsversekering en die verbetering van die kubersekerheid van die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens. Motsoaledi sê dokters sukkel om bloeduitslae te bekom weens ‘n inligtingstegnologie-sekerheidsbreuk ná ‘n kuberaanval. Hy sê verder sy departement sal die NGV verdedig indien daar regsuitdagings in die hof is, en wys daarop hierdie versekering is tot voordeel van alle Suid-Afrikaners:
Die gesondheidsvakbond HAITU doen intussen ‘n beroep op Motsoaledi, om die instel van die Nasionale Gesondheidsversekering voorkeur te gee. HAITU se hoofsekretaris, Lerato Mthunzi, beklemtoon die NGV sal gesondheidsorgregte en gelyke toegang vir almal verbeter. Sy doen verder ‘n beroep op Motsoaledi om besuiniging in gesondheidsorg te beëindig en staatsbefondsing toe te laat om dienslewering te verbeter en staatsbefondsing vir gesondheidsorgdienste vir die armste gemeenskappe te verseker:
# Die DA in Gauteng sê hy kan nie deel van ʼn regering van provinsiale eenheid wees wat nie dieselfde waarde as hy heg aan regverdigheid, eweredigheid en beginsels nie. Premier Panyaza Lesufi het gisteraand sy nuwe kabinet aangekondig. Die DA-leier, Solly Msimanga, sê na uitgerekte onderhandelings was en is die ANC se aanbod steeds onregverdig en onredelik. Hy sê sy party het ʼn lang geskiedenis van sterk en onverbiddelik deeglike opposisie, wat hulle met graagte sal wees.
# Die leier van die Arbeidersparty in Brittanje, Keir Starmer, sê na vier agtereenvolgende verkiesingsnederlae en 14 jaar as opposisieparty, aanvaar hulle niks as vanselfsprekend nie. Miljoene mense landwyd stem vandag in die algemene verkiesing. Peilings toon die Arbeidersparty sal die eerste algemene verkiesing sedert 2005 wen, wat Starmer eerste minister sal maak. Hy sê as sy party wen, sal hulle eerste prioriteit ekonomiese groei en die verhoging van die bevolking se lewenstandaard wees.
# Fietsry: Die Brit, Mark Cavendish, het die rekord verbeter met ʼn 35ste oorwinning by die Tour de France toe hy die vyfde skof in Saint-Vulbas gewen het. Die 39-jarige Cavendish wat sy uittrede uitgestel het om die rekord vir Tour de France-skofte te verbeter, het die rekord vir meeste skof-seges saam met die Belg, Merckx, gehou sedert hy in 2021 sy 34ste skof gewen het. Jasper Philipsen van België was tweede en Alexander Kristoff van Noorweë derde. Cavendish sê hy kan dit nie glo nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-86-sent teen die euro en 23-rand-47-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-653-dollar-47-sent. Die prys van goud is twee-duisend-359-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 86-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….