Nuus 07:00
BULLETIN 20 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa onderneem om die toegang tot noodsaaklike dienste te verbeter
# ‘n Nuwe Britse peiling wys Arbeid is op koers vir ‘n meerderheid van 200 setels
# En Tennis: Andy Murray se deelname aan Wimbledon is in gedrang
# President Cyril Ramaphosa sê die belangrikste aspirasies van mense is genoeg kos, water, bekostigbare elektrisiteit en ordentlike behuising. Hy het in sy inhuldigingsrede die regering se verbintenis tot verbeterde lewenstandaarde en billike toegang tot noodsaaklike dienste uiteengesit. Volgens Ramaphosa is sosio-ekonomiese ontwikkeling en die verskaffing van basiese regte sleutel-doelwitte van sy tweede termyn, wat dui op ‘n diepgaande onderneming om kritieke kwessies aan te spreek wat Suid-Afrikaners raak:
# Die Jong Kommunistiese Liga van Suid-Afrika doen ‘n beroep op die nuwe president, Cyril Ramaphosa, om op die jeug- en werkersklasbehoeftes te fokus onder sy nuwe administrasie. Die organisasie vra ‘n beleid om ekonomiese swaarkry te verlig, en waarsku die regering van nasionale eenheid teen die ondermyning van maatskaplike sekerheidsprogramme. Die liga se sekretaris, Mzwandile Thakhudi, het onderneem om die administrasie te ondersteun, terwyl dit aanspreeklik gehou word vir die bevordering van sosialisme en om aandag te skenk aan die behoeftes van die werkersklas.
# Die president van ActionSA, Herman Mashaba, verskyn vandag as ‘n staatsgetuie in die Landdroshof in Palm Ridge, in Katlehong, Ekurhuleni. Woordvoerder James de Villiers sê dit is in verband met ‘n saak van korrupsie teen Setheo Engineering. Mashaba het dit by die polisie, die Nasionale Vervolgingsgesag en die Valke aangemeld. Hy sê ActionSA is verbind tot geen verdraagsaamheid teenoor korrupsie:
# Die Departement van Gesondheid sê hy oorweeg dit om ondersoek in te stel met kunsmatige intelligensie-instrumente om tuberkulose- en silikose-diagnose te versnel. Die departement bied na aanleiding van die Wêreldgesondheidsorganisasie se aanbevelings, vanaf vandag tot Saterdag ‘n konferensie aan in Sandton, Gauteng, om die gebruik van KI te bespreek om diagnose te verbeter en agterstande aan te pak, veral onder mynwerkers. Foster Mohale van die departement sê die konferensie sal gesondheidswerkers, mynbouverteenwoordigers en KI-tegnologiemaatskappye insluit:
# ‘n Nuwe YouGov-peiling toon die Arbeidersparty in die Brittanje kan ʼn meerderheid van 200 setels haal. Volgens die peiling sal die Tories die minste setels in ʼn verkiesing kry sedert die party se stigting in 1834. Indien dit so uitwerk wanneer die land op 4 Julie gaan stem, sal die Arbeiders hul tweede grootste meerderheid sedert die Tweede Wêreldoorlog behaal. Volgens aanduidings kan die Liberale Demokrate ses keer meer setels kry as dié wat hulle in 2019 gehad het terwyl Nigel Farage se Hervormingsparty dalk vyf kan kry.
# Tennis: Andy Murray se hoop om ná vanjaar se Wimbledon uit te tree, is in die weegskaal nadat hy gisteraand weens ʼn rugbesering aan die tweede-ronde-wedstryd by Queen’s moes onttrek. Die Britse tennis-ster sal ʼn skandering ondergaan nadat hy slegs vyf stelle teen die Australiër Jordan Thompson kon uithou. Wimbledon vind oor 14 dae plaas, maar Murray glo hy sal nog een verskyning kan maak. Die wêreld se gewese nommer een wou óf na Wimbledon óf die Olimpiese Spele in Parys aftree.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-95-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 22-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-123-dollar-14-sent. Die prys van goud is twee-duisend-333-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-15-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….