Nuus 07:00
BULLETIN 6 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC begin met die benoeming van sy premiers
# Cosatu loof die ANC se teenkorrupsiemaatreëls ná Zizi Kodwa se bedanking
# En krieket: Indië begin hul T20 Wêreldbeker-veldtog met ‘n gemaklike oorwinning
# Die ANC het met premiersbenoemings begin ná die verkiesingsuitslae. Uitgebreide sittings van sy Provinsiale Uitvoerende Komitees is Maandag belê om kandidate vir premierskappe te benoem in provinsies waar die ANC ‘n meerderheid gekry het of waarskynlik ‘n koalisieregering sal lei. Elke komitee het drie kandidate voorgestel, insluitend twee vroue. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die finale kandidate sal onderhoude moet doen en aankondigings kan dan vroeg volgende week verwag word:
# Cosatu het die bedanking van die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, verwelkom ná sy arrestasie oor ‘n aanklag vir ontvangs van omkoopgeld ter waarde van van 1,6-miljoen-rand. Hierdie bedanking is die tweede hoëprofiel-korrupsiesaak nadat die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, soortgelyke aanklagte in die gesig gestaar het. Die federasie loof die ANC se opsystaan-beginsel en toenemende politieke aanspreeklikheid. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, is bemoedig deur die ANC se verbintenis om korrupsie aan te pak:
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR, Reagen Allen, het ‘n beroep op die minister van Polisie, Bheki Cele, gedoen om die agterstallige misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal bekend te maak. Dit moes op 17 Mei reeds gebeur het en Allen vermoed ‘n opsetlike vertraging, veral gegewe onlangse massaskietvoorvalle in die Kaapse metro. Hy het die belangrikheid van holistiese data-beoordeling beklemtoon om die provinsie se misdaadsituasie ten volle te kan begryp:
# Die Oos-Kaapse Hooggeregshof het die premier, Oscar Mabuyane, ‘n tussentydse bevel toegestaan om die Spesiale Ondersoekeenheid te keer om sy akademiese sake te ondersoek. Dit volg na die eenheid se regspan te lank geneem het om rekords in te dien oor sy ondersoek na die premier se betrokkenheid by bewerings van akademiese bedrog by die Universiteit van Fort Hare. Mabuyane word beskuldig dat hy voorgegee het hy het ‘n PhD in openbare administrasie. Die eenheid is beveel om die koste van Mabuyane se aansoek te dra en sê hy ondersoek alle regsopsies.
# Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, en sy regerende Bharatiya Janata-party het die steun van sy politieke vennote, die National Democratic Alliance ontvang. Modi is afhanklik van die NDA se kleiner partye om ‘n parlementêre meerderheid te verkry ná sy party nie die 272 setels kon behaal om ‘n nuwe regering te vorm nie. Die alliansie sê hulle het eenparig Modi as hulle leier gekies en hulle verbintenis herbevestig om die onderdrukte en minderbevoorregte burgers van Indië te dien.
# Krieket: Indië het Ierland met agt paaltjies in hulle eerste kragmeting van die T20-Wêreldbeker in New York verslaan. Hardik Pandya het drie paaltjies ingeoes, terwyl Arshdeep Singh en Jasprit Bumrh elk twee geneem het, terwyl Ierland vir 96 uitgehaal is. Die kaptein, Rohit Sharma het met 52 geantwoord en is na ‘n besering van die veld. Rishhabh Pant was onoorwonne op 36 met Indië wat die teiken met nog sewe boulbeurte oor gehaal het. Daar is vandag vier wedstryde, Papoea Nieu Guinee speel teen Oeganda, Australië pak Oman, die medegasheer, Amerika, kom teen Pakistan te staan en Namibië sê Skotland die stryd aan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-89-sent teen die dollar, 20-rand-58-sent teen die euro en 24-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-205-dollar-85-sent. Die prys van goud is twee-duisend-368-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….